ONWETTIGE STORTING VAN BOUROMMEL

Die Munisipaliteit ondervind steeds probleme met die onwettige storting van bourommel. Bouers asook vervoerkontrakteurs en die persoon wat fisies die rommel onwettig stort, stel hulself aan vervolging bloot, sê die Munisipaliteit in ‘n nuusverklaring.
Die stortingsterrein in Louis Fourieweg is reeds geruime tyd vir die storting van bourommel gesluit. Harde bourommel mag net by die stortingsterrein in Groot Brakrivier gestort word, terwyl rommel soos sementsakkies, kartondose en ander rommel wat tydens boubedrywighede gegenereer word in klein hoeveelhede by die Sonskynvallei-terrein aan die Oudtshoornpad gestort mag word. Die harde en ander bourommel moet van mekaar geskei word.
Die Munisipaliteit doen ook ‘n beroep op die publiek om onwettige storting van rommel aan die Munisipaliteit aan te meld by telefoon (044) 606-5120 of telefoon (044) 606-5143. Waar dit moontlik is, moet hulle voertuignommers afskryf en dit ook meld wanneer hulle die storting rapporteer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *