INDONESIESE KONSUL-GENERAAL KOM GROET

Indonesiese dansers 1 Indonesiese dansers 2

Die Indonesiese Konsul-Generaal in Kaapstad, me Sugie Harijadi, is terug verplaas na Indonesië na afloop van haar termyn, en het vandag (18 Junie 2014) die Mosselbaaise Munisipaliteit kom groet. Saam met haar op die foto verskyn die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira (links), en die Munisipale Bestuurder, dr Michele Gratz (regs). Konsul-Generaal Harijadi het noue bande met Mosselbaai gesmee, en die Indonesiese deelname aan die jaarlikse Diasfees die afgelope drie jaar, waartydens die mense van Mosselbaai aan die Indonesiese kultuur blootgestel is, was aan haar te danke. Dit was veral die kleurryke Indonesiese volksdanse by die 2014 Diasfees wat mense na hul asems laat snak het. Sy verlaat Suid-Afrika in Julie 2014 na ‘n dienstydperk van net meer as vier jaar in Suid-Afrika. •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *