Dis Vakansietyd!!
Welkom matrikulante en vakansiegangers, ons wens julle ‘n welverdiende vakansie hier by die see. Geniet die gasvryheid en word deel van die pret – daar is aktiwiteite vir almal se smaak….neem net deel!
Maar die Kersseisoen met sy feesliggies en lang kuiers saam met geliefdes, vriende en
familie is nie vir almal so ‘n vrolike tyd nie.
Hartseer, bekommernisse, seerkry, teleurstelling, pyn, moedeloosheid, bang, oorheers dikwels ons lewe. Al hierdie negatiewe dinge laat ons uitgeput en onvervuld en ontneem ons die vreugde van ‘n betekenisvolle lewe.
Jy kan die Kersseisoen gelukkig wees – raak net ontslae van al die hindernisse.
Geluk lê nie in rykdom nie, maar in die klein dingetjies soos..…vergifnis, omgee, dankbaarheid, goeie verhoudings, godsdiens/spiritualiteit, gesondheid.
Daar is geen groter pyn, as om ‘n betekenislose lewe te leef nie.
So begin net – gryp geleenthede aan en doen die Kers/Vakansieseisoen dinge wat jou gelukkig maak.
Ons hier by Mossview/Uprint, bedank graag al ons lesers en kliënte vir u ondersteuning deur die jaar. Met volgehoue goeie, vriendelike en vinnige diens hoop ons om dit so te hou.
Aan al ons lesers, ‘n baie geseënde, vervulde en ‘n vrolike Feestyd.
Vakansie vreugde .
Julie Retief