Month: July 2014

van die Redaksie

Redaksie

Amazing what a short break can do to the morale. The unfortunate thing is the “scale”.
During any break away, eating is a given.

Now to get rid of all the extra kilo’s is a night mare.

With the amount of over-weight people around it is easy to let go, but by continuously adding a kilo or two, disaster is waiting.
Far more difficult to loose 5 kilo’s than 1 or 2.

Tog onregverdig…kos aantreklik voorberei is so aanloklik, en eet vrek lekker, maar die nagevolge katastrofies.
Aangesien ek nou ook nie een is vir ‘n sweetsessie in die gimnasium nie, weet ek selfbeheersing is die antwoord. Daar word ook vertel dat mense wat ‘n gesonde gewig probeer handhaaf deur minder en gesonder te eet, as ‘n reël maerder is as mense wat oefen om maer te bly.

Maar selfs met al die kennis en die wete dat jy noú moet halt roep, wil die lus en die lekker oorneem.
Wie gaan wen ..?
Julie Retief

National and international aerobatics championships for Mossel Bay

Mossel Bay’s status as an aero-sport destination is set to grow as the town’s Aero Club prepares to host two more major aerobatics competitions during 2014: the National Championships from 16 to 19 July, and the Yak 52 World Championships from 26 November to 3 December.
Both events will be hosted by the Mossel Bay Aero Club in conjunction with the Mossel Bay Municipality, and both will be organised by the Sport Aerobatic Club of South Africa – which will also hold its AGM and annual Awards Dinner during the Nationals.
Mossel Bay’s executive mayor, Alderlady Marie Ferreira, will officially open the event during the dinner on the 17th of July.
Mossel Bay hosted the Cape Regional Championships during the Dias Festival at the end of January this year (the second time the regionals had taken place in the town).
Contest director Lloyd Lester said that 30 pilots will take part in the National Championships.
“They’ll be required to execute a series of manoeuvres within a ‘box’ of a thousand by a thousand by a thousand metres – which will be marked visually by beacons on the ground – and they’ll be penalised if they fly outside of these boundaries.
“The pilots will fly for awards in various designated categories – Graduate, Sportsman, Intermediate, Advanced, or Unlimited.”
He said that safety is always flying’s highest priority, and that the competitions will begin as early as possible on each day of the event, when the weather is generally at its most stable.
He invited members of the public to come to the Mossel Bay Airfield to watch the flying. “It’s quite a technical sport, and we’ll have a commentator there who’ll describe what’s happening in the air, which will make it more interesting for spectators.”
Mossel Bay Tourism’s Marcia Holm said that the Mossel Bay Aero Club has a record of presenting successful events, and that visiting pilots who flew in the Regionals in 2012 and 2013 loved Mossel Bay.
“They complimented the club on the standard of its facilities, and also on the professional way it organises things – all of which will have contributed to Mossel Bay’s selection as the host club for both the Nationals and the Worlds.”
She welcomed the pilots, officials, and organisers to the town.
“Our Airfield has been attracting more and more attention recently both because of its facilities, and because of the prevailing conditions in the Mossel Bay area. This has lead to the establishment of training academies like the Starlight Academy, which is the largest helicopter training school in Africa, and tourism attractions like Skydive Mossel Bay, which offers training, and tandem and sport skydiving.
“We’re very grateful to the Sport Aerobatic Club of South Africa for choosing Mossel Bay for not one, but two prestigious events – both because of the contributions the championships will make to the local economy, and because they’ll raise enormous awareness for the town as both an aviation and a holiday destination,” she said.
“We wish you all safe and successful flying.”
Please visit SlideShare for an overview of sport aerobatics in South Africa.
More information:
Sports Aerobatic Club of South Africa: www.aerobatics.co.za
Mossel Bay Aero Club: www.mosselbayaero.com
Mossel Bay: www.visitmosselbay.co.za •

Musings of – Plooie

deur Jacque Valjean

PLOOIE
Die ou wat uit die spieël vir my terugkyk lyk glad nie goed nie. EK?? SO VOL PLOOIE EN VOUE????

Eers dink ek die ouderdom het my in een nag ingehaal. Toe onthou ek: Daardie 13-jaar oue Shiraz van gisteraand was darem nie die beste nie, selfs al het ek net twee glasies gehad – swael in rooiwyn kan dit vermoedelik aan mens doen, so kom ons blameer die wyn. En die swael.

Later, in die supermark, soek ek tandepasta. Stap verby die mannegoeters, en wat sal ek daar sien? Net mooitjies daai wondersalfies wat jou jonk maak. Of laat lyk. Of so-iets. Die goed is nogals duur, maar die outjie op TV wat dit van sy wederhelf moet weghou se velletjie lyk nogal goed, so dit werk seker – ons sal probeer. Sit dit saam met die tandepasta voor die kassiere neer (so half onder die tandepasta – wil nie hê die koster by die volgende betaalpunt moet sien ek dink ek word oud nie; of sal ek iets mompel van Oupa se 81ste verjaardag? Nee wat, bly maar net stil….) Tuis gekom, word tandepasta in die hand, en salfies in die broeksak ingedra huistoe, wat Ma sal nou weer een of ander katterige opmerking maak met groot gejuig en gelag. Kan nie verstaan hoekom nie, want Ma het soveel goeters wat sy aansmeer, en niemand sê boe of ba nie.

Van toe af word my “ablusie”gedoen as Ma reeds in die kombuis besig is met brekfis, en na gebruik sit ek die botteltjie onder in die skeersakkie. Ma moet tog nie weet nie nou-nou dink sy ek het ‘n girlfriend! By kampe sorg ek dat ek vroe-vroe in die storte is sodat niemand my kan sien as ek die moffiegoed aansmeer nie – wat sal hulle tog sê!!!!! En elke keer as ek die ou roompies aangesmeer het, kyk ek soos ‘n tiener in die spieël of ek nog nie beter lyk nie. Maar, selfs sonder rooiwyn die vorige aand, bly die ou gesig in die spieël maar terug kyk vir my soos ‘n bulldog met depressie wat te warm gewas is en in sy vel gekrimp het.

‘n Week gaan verby. Twee weke. Prinses kom sit eendag op my skoot en kyk of daar nie iets aan my gesig is wat sy kan behandel nie – raakskeerplekkies, rooi goetertjies en daai. “Jis, maar Pa raak darem nou gefrommel!!!”

My kordaat, dapper en nonchalante antwoord is ‘n eenvoudige “hoog tyd, is dit nie?” – maar my hart vreet modder.

Ek begin wonder oor die salfies. Daai meganisme van salfies uitdruk op jou hand werk ook ánders: Net een druk en elke keer dieselfde hoeveelheid. Ek skryf dit toe aan die wetenskaplike kennis van die vervaardigers, wat die ding so gekalibreer het dat die regte hoeveelheid, tot op die millimillimikronanogram, elke keer op jou hand beland. Maar ai, die meeer as ‘n honderd Rand wat die goed gekos het, het dan nou nog niks gemaak nie!!!! En ek wonder, begin tob in stede van tuinwerk, ignoreer selfs die Cheetahs se game op ‘n Saterdag. Want sien, ek is bekommerd – die goed werk nie!!!

Op dag 31 van gebruik – ja, ek kon die momenteuse dag onthou wat ek besluit het om die roompies te koop!!!! – druk ek die botteltjie weer die oggend om my roompies aan te sit. En niks kom uit nie. Ek pomp naderhand die ding soos iemand wat met ‘n handpomp op ‘n rubberdak op die diepsee ywerig die ding styf en bo die water probeer hou, maar niks kom uit nie. Ma kom in “nou wat nou?” “Niks”, sê ek en laat die ding in die toilet val – tydsberekening perfek om die plons met my ontkenning te verdoesel. Verdag stap Ma uit met daai omkyk-omkyk gluur soos ‘n kokkerot wat weet iemand hou die Doom reg en ek weet sy vermoed iets is uit plek en anders. Verbouereerd spoel ek die toilet maar sien, die ding is nou leeg en nou dans hy net op die spoelwatergolfies rond – kos my later om die ding vies-vies met die hand uit te haal (jig!!!!) en dit skoon te was met kokende water en Dettol want sien dit moet in my broeksak uit om by die buitenste asdrom te kom.

Ek kyk in die spieël: Niks. Nie eers ‘n gesig nie! Net toe ek begin wonder of ek dan nou my gesig heel verfomfaai het (“The Invisible Man” kom by my op) besef ek die badkamerkassie se deur is oop en die spieël werk net aan een kant van die deur. Klap die spieëltjiedeur toe, en gluur – en die bulldog kyk vir my terug!!!!

Later stap ek mompel-mompel kombuis-toe vir brekfis. Ma kyk my steeds verdag aan, asof ek haar haarsproei gesteel het. En toe ek oorkant haar gaan sit vir brekfis, kom die doodonskuldige opmerking: “Ai nee Pa, ons sal maar moet begin polyfilla koop vir jou ou gesig jong”.

Ek het seker te laat begin met die roompies, want kyk hoe mooi lyk sy. En arme ek. Ek sal maar my kind die probleem spaar en vanmiddag vir haar gaan roompies koop. Om vroeg genoeg te begin. Elf jaar is seker vroeg genoeg, is dit nie? •

 

Natascha Pretorius – Teistering oor die internet

Natascha PretoriusMet die toename in die gebruik van elektroniese vorms van kommunikasie asook webwerwe soos FACEBOOK en TWITTER, het daar ook ‘n toename plaasgevind in die teistering van persone sonder dat die partye eers in mekaar se teenwoordigheid hoef te wees.

Die teisteraar het 24 uur per dag toegang tot die stuur van teisterende elektroniese boodskappe – versend per sellulêre toestelle dag of nag.

Die toename in die voorkoms van hierdie verskynsel het die wetgewer genoop om ‘n remedie vir die algemene publiek daar te stel.

Waar persone met ‘n familie band tot die mishandelaar/teisteraar toegang het tot ‘n Beskermingsbevel in terme van die Wet op Gesinsgeweld, Wet 116 van 1998, het die algemene publiek tot April 2013 nie ‘n maklik bekombare remedie gehad om teen teistering beskerm te word nie nie.

Die Wet op Beskerming teen Teistering, Wet 17 van 2011 het in April 2013 in werking getree en die leemte wat daar was vir ‘n remedie van hierdie aard, gevul.

“Teistering” word as volg deur die Wet gedefinieër:
die regstreekse of onregstreekse meedoen aan gedrag wat die Respondent (teisteraar) weet of behoort te weet—

(a) leed veroorsaak of ’n redelike oortuiging wek dat leed aan die klaer of ’n verwante persoon veroorsaak kan word deur die onredelike—

(i) agtervolging, dophou, najaging of lastigvalling van die klaer of ’n verwante persoon, of rondslenter buite of naby die gebou of plek waar die klaer of verwante persoon woon, werk, besigheid bedryf, studeer of hom of haar bevind;

(ii) meedoen aan verbale, elektroniese of enige ander kommunikasie wat op die klaer of ’n verwante persoon gemik is op enige wyse, ongeag of ’n gesprek daaruit voortvloei of nie; of

(iii) stuur, aflewering of reël van aflewering van briewe, telegramme, pakkette, faksimilees, elektroniese pos of ander voorwerpe aan die klaer of verwante persoon of te laat waar dit gevind kan word deur, gegee kan word aan of tot die aandag van die klaer of verwante persoon gebring kan word;

Die proses om aansoek te doen vir die beskermingsbevel in terme van Wet 17 van 2011 is dieselfde as die in terme van Wet 116 van 1998, en is gratis.

Indien u of iemand wat u ken aan teistering onderwerp word en nie in ‘n familiale verhouding tot die persoon staan nie, besoek u plaaslike Landdroskantoor ten einde aansoek te doen vir die beskerming wat die Wet op Beskerming teen Teistering bied. •

LOCAL STARS – Talent Kompetisie

Local stars – Konsep:
The Locals Pub & Grill beplan om in samewerking met plaaslike media / radiostasies, ‘n sang kompetisie aan te bied en die plaaslike talent te help om meer optree kanse te kry. Aangesien hierdie nog net ‘n konsep fase is, word alle insette en voorstelle oorweeg van belangstellendes.

Ons wil uit die aard van ons besighied ‘n winsgewende projek doen maar dit is ook belangrik dat dit vir die deelnemers ‘n geleentheid bied om optree kans te kry, om die rede word dit oor ‘n lang termyn beplan wat sal begin in Junie en eindig in November met ‘n gala finale konsert .

Die Locals is baie opgewonde oor die kompetisie en daar behoort baie inskrywings te wees. Een van die besigheids manne het vir ons ‘n borg van R 6 000 aangebied vir die wenners. Hieronder is die konsep beplanning vir die kompetisie:

Fase 1 : Eerste rondte
Julie – Augustus
· Inskrywings
· Eerste uitdun rondtes
· Saterdag aande – 10 sangers per Saterdag tot alle inskrywings gedoen is , dus tot helfte Agustus.
· Elkeen sing 2-3 songs en kry punte wat dan opgetel word om top 20 te bepaal. Elke sanger kry drie keer kans om te sing en punte op te bou in die eerste rondte

· In fase een tel die beoordelaars se stem 30% en toeskouers 70%
·Einde Augustus word die top 20 aangewys wat voorgaan na die volgende rondte.

Fase 2:
Aug – September
· Uitdun rondte na top 10 op dieselfde beginsel as rondte een
· Elkeen sing elke aand 2-3 songs en kry punte wat dan opgetel word om top 10 te bepaal
· Kies die top 10 einde September.

Fase 3:
Oktober
· Finale rondte na top 3
· Gala konsert met top 10 om die wenners te bepaal.

Help ons behoeftige matrikulante!

Die Mosselbaaise Munisipaliteit wil in samewerking met die ACVV en Behoort weer vanjaar help om die matriekafskeid van ‘n aantal behoeftige Graad 12-leerders in die munisipale gebied ‘n heuglike gebeurtenis te maak.

Die publiek word dus uitgenooi om behulpsaam in die verband te wees deur of ‘n bydrae te maak met die kleding van die matrikulant, seuns of meisies, of om by te dra tot hul grimering

of die doen van hul hare, of om vervoer te verskaf na die afskeid. Dit word beoog om altesame 10 leerders op hierdie wyse te help.

‘n Matriekafskeid is een van die hoogtepunte van elke Graad 12-leerder se skoolloopbaan,

maar dit is nie altyd bekostigbaar vir almal nie.

Mense wat kan of wil help kan vir Haylene Claassen by telefoon (044) 606-5228 of Yolande
Van Aswegen by (044) 606-5224 of Susan Moss by (044) 691-1039 kontak. •

BUSINESS FOCUS – Azur Creations

Mary Hasse (2) Azur

Mense noem my “n kunstenaar, geseënd, talentvol en nog baie ander byvoeglike naamwoorde!!!!
Vir my is dit gawes en talente wat ek van die Vader ontvang het, en wat ek gebruik !
In elke mens is daar verskuilde segmente wat nie ontwikkel word agv die feit dat jy te bang is om te probeer, bang jy faal.? Miskien omstandighede of ontkenning.
Vaardigheid kan aangeleer word, deur volharding, doelgerigtheid, deursettingsvermoë gedrewenheid en waagmoed asook ‘n wil om sukses te behaal.
Wat jy ookal aanpak doen dit met volle oorgawe.
Ek is net ‘n doodgewone persoon, maar ek leef soos Maya Angelo sê …” Wherever you go, no matter what the weather, always bring your own sunshine”.
Matrikuleer in Bloemhof, geleentheid om te studeer? Niks daarvan nie. Gewone klerk by Agri. Later trou ek, help 2 jr my man in sy Ingenieurswerke. Vir die vlg 4 jr woon ons in ‘n karavaan in die reservate (waterboorwerk). Net soms sien ek my huis. Na hierdie tydperk koop ons ‘n plaas in die verre Noord Transvaal, waar ons 37 jr woon. Hier poog ek om ‘n “oase” te skep te midde van alle goeie en slegte tye! Maak ook 3 kinders groot.
In hierdie tyd word die kinders groot en nou bekwaam ek my as ‘n Voorkomskonsultant. Hierin werp ek my hart en siel en doen dit vir 10 jr. vanaf my studio op die plaas. Baie harde werk, maar goed vir my siel en menswees. In ‘n kompetisie behaal ek dan ook die 1e plek in SA en wen ‘n reis na Londen.
Tydens ‘n vakansie gedurende die 37 jr ry ons tot by Mosselbaai se hawe, Onnodig om te s was ek hoegenaamd nie beiindruk nie. Met die draai slag ry ons voor Craft Art verby, Om geen rede wys ek na die gebou en se vir my man: ” sien jy die plek, hier kom ek nog heen”.
Die jare gaan verby en ons verkoop die plaas. Bespreek ‘vervoerders ‘ en toe die vraag …waarheen? Wat is die verste wat ek sal gaan ,,,,,,Mosselbaai (teensinnig).
So is dit dan nou waar ons beland en woon nou al 10 jr hier. Begin met kursusse by Andre Broodryk in die juwele bedryf. So word ek dan sy vennoot. Nou al amper 10 jr besig om te doen wat ek glo die Vader vir my beplan het, In hierdie tyd help my man my om alles tot stand te bring.
Maar helaas ontval hy my 15 maande gelede. Al vashou wat ek nou het is my winkels, en die wete dat ek moet aangaan, met mense moet omgaan my kennis en lewenservaring moet deel met ander, hetsy in my beroep of persoonlik. Ek moet na mense kan luister en HOOR wat hulle sê.
Ek het ‘n passie vir mense, en deur my vorige ondervinding in die voorkoms-wêreld kan ek dus baie maklik mense se styl-persoonlikhede optel. Ek het ook kennis van grootte, kleur, wat werk en wat werk nie, en lees maklik mense se lyftaal.
Ek voel ook aan wanneer mense onseker is en deel graag raad oor moontlike maar sinvolle keuses.
Wat my teiken mark betref – ek skep diversiteit deur min van een soort item aan te skaf. Ek wil nie net die Buitelandse mark bereik nie, maar vir mense om my en minder gegoedes ook iets bied wat kan vreugde bring.
Tensy daar ‘n behoefte en ‘n opdrag is, maak ek ook nooit twee identiese artikels nie.
Gee graag raad ivm die aanmekaar sit, tegniek en kleur asook hoe om ‘n gewone stuk/artikel in iets unieks te omskep.
Ou en stukkende stringe krale (uit ouma se dae) omskep ek in iets wat weer modieus is. Ek herstel ook stukkende stukke sover dit in my vermoë is.
My studio en werksplek weerspieël my passie en is netjies en kunstig gedekoreer, om ‘n atmosfeer van warmte te skep.
Benewens die juwele werk en verkoop ek ook artikels gemaak van skulp en glas. Daar is ook brei- en hekelwerk en talle ander artikels – iets vir almal teen ‘n sakpas prys.
Kom besoek my gerus in my studio vir hulp, raad, en dalk sommer net om bietjie warmte in die koue, weer te ervaar.
My leuse waarvolgens ek elke ding aanpak is:
“Out of my creative hand I give a piece of my soul to you”. • Mary Hasse 082 559 6361

BUSINESS FOCUS – Easy Skips

unnamed (2) Easy Skips

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
George en Mosselbaai Easy Skips is ondernemings wat ‘n diens aan die gemeenskap en sakesektor verskaf nl. vervoer van sand, klip, boumateriaal, tuinvullis en herwinningsmateriale.

Wanneer het u besigheid begin?
Die ondernemings het amptelik begin op 21 Mei 2014.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
As gevolg van die sukses wat behaal is in die Weskus.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Op die George en Mosselbaai huisbewoners en sakesektor, veral bouers en vir die kliënt wat klein bouprojekte aanpak.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Ons vervoer sand, klip, bourommel, tuinvullis en herwinningsmateriale.
Ons plaas, U vul, Ons verwyder!.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons is bekostigbaar, die skip is klein (2m³), neem min spasie op. Hou die werksperseel skoon, netjies en groen.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Stiptelikheid, voortreflike diens en kliënte tevredenheid is vir George en Mosselbaai Easy Skips eerste prioriteit.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Geen werk is te groot of te klein vir ons nie. George en Mosselbaai Easy Skips pas aan by die kliënt se behoeftes en sal daarvolgens handel.

Die twee ondernemings nl. George en Mosselbaai Easy Skips staan onder die eienaarskap van Faan Truter wat ook die eienaar van die Weskus Easy Skips onderneming is.

Lloyd Calitz van Hartenbos is aangestel as Bestuurder/Bemarker vir die George & Mosselbaai ondernemings. Sy vrou, Alida vorm deel van de span en behartig die Administratiewe sy van die ondernemings..

ORKESTE SLUIT JEUGMAAND AF

Die Jeugmaandvieringe van die Mosselbaaise Munisipaliteit is op Sondag, 29 Junie 2014, afgesluit met ‘n kerkdiens in Groot Brakrivier waartydens verskillende Mosselbaaise blaasorkeste opgetree het.
Die kerkdiens is deur die Munisipaliteit en die orkeste geïnisieer. Die orkeste wat ook aan optogte die oggend en die middag deelgeneem het, was die VGK Boys Brigade, Star of Bethlehem, UCC Boys Brigade en die Aldiachique Orkes.
Die diens is in die United Congregational-kerk te Groot Brakrivier gehou, en altesame 130 orkeslede het aan die diens en die optogte deelgeneem.
Die orkeste speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van jeugdiges, en is een van die maniere wat gebruik word om jeugdiges uit die straat te hou en by aktiwiteite betrokke te kry. Ouers en kinders wat wil deelneem aan die orkeste word aangemoedig om met die plaaslike kerke en orkesleiers kontak te maak.