Month: May 2015

van die Redaksie

JULIE RETIEF

Na aanleiding van ‘n paar kleiner onsuksesvolle besighede in Mosselbaai wat hulle deure onlangs moes sluit, het ek baie bekommerd begin soek na redes en oplossings.

Na alles is ek ook die eienaar van ‘n klein besigheid en ervaar ek ook soms…nee, gereeld, die druk wat daarmee saamgaan. Maar ek kan nie, mag nie, wil nie ook daar eindig nie.

Wat is die oplossing dan en wat bepaal sukses ?
In my soeke vir antwoorde kom ek toe tot die volgende gevolgtrekking …
Maak nie saak uit watter omgewing jy kom, wat jou sosiale intelligensie is, of jy mooi en gesond is, en of jy ‘n hoë IK het nie.
Vasbyt….dis wat nodig is vir sukses …vasbyt !!

Vasbyt beteken passie en deursettingsvermoë met langtermyn doelstellings. Dit is om stamina, en moed van jou oortuigings te hê, en om te onthou wat jou idée vir die toekoms is, dag ná dag. Om regtig hard te werk om daardie toekoms ‘n werklikheid te maak.

Nie net ‘n week of ‘n maand lank nie, maar jare aaneen. (Inteendeel daar word gereeld verwys na 1000 dae voordat jy werklik die vrugte begin pluk.)

“Vasbyt is om die lewe te leef asof dit ‘n marathon is, nie ‘n naelloop nie”.

THE WHALE RALLY

HARTENBOS 5 – 7 JUNE 2015

Ulysses Garden Route, proudly hosts the 11th Whale Rally in Hartenbos.
Whale Rally time is always in June, in the middle of the winter, but they always have such a good time that the cold is never a problem.

The Whale Rally is a serious biker’s rally, started in 2005. One of the best biker rallies in South Africa they claim. Not hardcore, just a rally where you can relax, have fun and enjoy an unforgettable weekend with biker friends.

Over the years this rally has grown from strength to strength with around 1500 bikers having attended some years.
All proceeds from the rally are donated to needing Charities within the Ulysses Garden Route boundaries.

Their aim is to host “The Rally” in the Western Cape – considered by many to be the best, and where there is something for everyone to do.

Ulysses Garden Route is rather unique in that it is not centered in a single town or city, as is the case with most of the other chapters. They have members in Mossel Bay, Oudtshoorn, George, Knysna and Plettenberg Bay.

Their slogan, “GROW OLD DISGRACEFULLY”. This naturally causes many smiles, much head shaking, finger pointing and respectful disbelief from the uninformed public. No, they say, we are definitely not a bunch of undisciplined hooligans, we just know how to have a good time!

All members are over forty (you can’t join if you are younger).
For them it is the open road, the excitement and the friendship that comes with great companionship of others who wish to enjoy the biking way of life.

Club no: 082 788 1831
Road Captain: 072 101 8257
(Eddie Boshoff)

BEHUISINGSPLAN MAAK VOORSIENING VIR AGTERPLAASBEWONERS

Die Mosselbaaise Munisipaliteit se behuisingsplan maak voorsiening vir die bou van 1 312 huise in Uitbreiding 13, wat hoofsaaklik aan agterplaasbewoners in die D’Almeida-gebied, wie se name op die munisipale waglys verskyn, toegeken sal word.

Dit blyk uit die Munisipaliteit se opgedateerde behuisingsplan oor tien jaar wat in April 2015 deur die Raad goedgekeur is.

Volgens die plan word die behuisingprojek, wat ook middelinkomstebehuising insluit, vir die 2016/2017 boekjaar beplan in Uitbreiding 13 teenaan Louis Fourieweg in die Louis Fouriewegkorridorgebied. Die huise sal toegeken word aan mense op die bestaande behuisingswaglys wat deur die Munisipaliteit bygehou word.

Hierdie eenhede is bykomend tot die behuisingsprojekte waarmee die Munisipaliteit reeds besig is of sal begin, en waar sekere projekte vir voltooiing in die 2015/2016 finansiële jaar geskeduleer is. Die huidige projekte sluit 154 wooneenhede in Herbertsdale, 152 eenhede in Sonskynvallei, waarheen die Powertown-inwoners verskuif sal word, en 1 561 eenhede in die Asazani/Izinyoka-projek in.

Die behuisingsplan maak ook voorsiening vir die aanvang van ‘n projek in Sonskynvallei in 2016/2017 vir ongeveer 696 eenhede.
Onderhewig daaraan dat die nodige fondse van die Nasionale Departement van Menslike Nedersetting deur middel van die Provinsiale Departement van Menslike Nedersetting bekom word, maak die plan voorsiening vir altesame 10 611 wooneenhede tot aan die einde van die 2019/2020-boekjaar teen ‘n geraamde koste van R541,4 miljoen. Die eenhede sluit voltooide wonings asook gedienste erwe in.

Die projekte is onderhewig daaraan dat die nodige befondsing van die Staat bekom word aangesien munisipaliteite deur wetgewing verbied word om interne fondse vir die bou van topstrukture aan te wend.

Die behuisingsplan word gereeld hersien, en opgedateer na gelang van veranderende omstandighede.

ADS 2

DANABAAI PRETREN

Kom deel in die pret !!!
Die NG Kerk Danabaai reël die PRETREN en nooi alle motoriste om op Saterdag, 6 Junie te kom deelneem.

Daar gaan nie gejaag word nie. Die regte rigting, korrekte besluite en spoed sal verseker dat jy by die verpligte kontrolepunte, soos aangewys, aandoen.
Die roete van 50 tot 70 km loop deur landelike gebiede met bepaalde instruksies wat gevolg moet word.
Die bestuurder met die meeste punte wen en groot pryse is op die spel.
Pryse word die aand oorhandig.

By die Gemeenskapsaal in Danabaai gaan daar in die biertent gekuier word en die Super 12 rugby sal op die grootskerm TV gevolg kan word.
Giovanni sal as gaskunstenaar musiek maak en sing.
Deur die dag sal daar boereworsrolletjies te koop wees en die aand, ‘n braai-ete met ‘n dans.

Die ingeskrewe voertuie vertrek om 13:00 vanaf die Danabaai Gemeenskapsaal.
Inskrywings kos: R120.00, wat ‘n ete, kuier- en danskaartjie vir die bestuurder insluit.
Kuier in die biertent en rugby op die grootskerm kos: R40.00
Braai-ete die aand, kuier en dans kos: R60.00

Kaartjies en inskrywings beskikbaar by:
NG Kerkkantoor: (044) 698 1977
Japie Krige Eiendomme: (044) 698 1966
Willie Erasmus: (044) 698 1077
Willem Knoetze: 082 408 6769

Tommie Kleynhans

Foto

No doubt everyone in the areas you work in, will join in to thank you for your personal contribution to the public, concerning Community Safety.

You impress people with your significant contribution, recommendations and assistance.

Thank you for taking this problem in your stride, knowing the challenges that comes with it.

To you, and others like you, you are appreciated and respected.

You really do inspire a whole community !!

DWELMS – Hoe om dit Raak te sien

Kenmerkende gedrag
van dwelmmisbruikers:

• Skielike verandering in werk- of skoolbywoning, werksgehalte, werksuitset, skoolpunte en dissipline.
• Ongewone uitbarstings en humeuraanvalle.
• Onttrekking van verantwoordelikheid.
• Agteruitgang in fisiese voorkoms en versorging.
• Dra van sonbrille op onvanpaste tye.
• Voortdurende dra van langmouklere, veral in warm weer, of onwilligheid om kortmouklere te dra wanneer toepaslik.
• Verbintenis met bekende dwelmgebruikers
• Ongewone leen van geld van vriende, kollegas of ouers.
• Steel klein items van die werk, huis of skool.
• Geheimsinnigheid met betrekking tot optrede en besittings.

Personality of the Week

Chef at work

Name and Surname
Lloyd Russel Hughes

What is your current occupation?
Head Chef Sundowners Pub

What motivates you?
My creative juices that gets me to make juicy food.

Name one thing that always peaks your interest.
Who can argue with an afternoon of football, beer and a great burger.

What is the silliest thing you’ve ever done ?
Do we really need to narrow it to one ? I was driving a friends car back from Cape Town
Watching the petrol gage to see how I was doing on gas…. Only to realize I was watching the temperature gage the whole time ….

What useless talent do you have that nobody knows about?
I have every line of every movie I have ever seen memorized … But ask me what I did yesterday ? Ha ummmm

If you could take over one persons job for a week, who’s would it be and why?
Sebastian Vettel, Ferrari Formula 1 driver, because it would be cool to drive 250kph in a car lighter than a bike.

What was your most embarrassing moment?
Went to a music festival, walked up to the pool, dived in only to find it less than a meter deep with NO DIVING signs all around me.

If you won a Million, how would you spend it?
Clothes, Car, Travelling.

I never leave home without ……….
My lighter.

What is your favourite restaurant and meal?
Sinns Wembley Square – slow roasted Pork Belly.

 

Thank you from the Dana Bay Conservancy

1st Angie Gomes

1st Angie Gomes

2nd V Krynauw

2nd V Krynauw

3rd Garnet vd Walt

3rd Garnet vd Walt

1st Angie Gomes

 

 

4th Garnet vd Walt

The Dana Bay Conservancy wish to thank the following businesses and individuals for their contribution to a very successful talk, The Adventures of Shogan, on the 6 May 2015.

Julie Retief (Mossview) for sponsoring the advertising posters. Ds Thys Blaauw opened the evening with an appropriate prayer and scripture reading. Marie de Klerk, Miriam and Luzette Jacobs (ACVV) did the catering and cleaning. Bill and Jannine Frost sponsored the soup.

Estelle McIlrath shared her amazing story with us and made us all relive the filming of the movie with her. The movie, In Wilderness and Desert, won five international awards. Estelle’s Great Dane, Shogan, featured as one of the main actors. Linda and Jan (Danabaai Slaghuis) prepared and sponsored her beautifully wrapped gift.

The Photographic Competition was a huge success and 49 photographs were received. Thank you all the estate agents for hosting the collection points. Thank you to Val Smith, Colleen Putter and Yvonne vd Linde for co-ordinating the competition. Cobus Brink judged and selected the winning photo’s and reminded us not to get emotionally involved with our subject but to focus on the theme of the competition – “Scenic Dana Bay”. Congratulations to Angie Gomes the winner of this competition, prize donated by Twana Roets. V Krynauw was the runner up, prize donated by RealNet and Garnet van der Walt came in third (prize donated by KS Builders) with an honourable mention in 4th as well. Congratulations, well done and thank you for your amazing photos.

Carol Walton (SAPREC) was handed a donation from the Conservancy and thanked for the amazing work she has done with her Rehabilitation Centre. She was congratulated on the two penguin chicks. (They are both flourishing).
Congratulations to the Chairmen, Willie Claassen and Aleck Birch, for hosting a very entertaining evening even with our ever problematic load-shedding!

Ilona Birch (044) 698 1880

See photos online – www.mossview.co.za

Eendjieloop vir Goue Oues

Goue ouesfoto

Mense in hul goue jare sal op Dinsdag, 26 Mei 2015, die geleentheid by die Eden Goue Spele in Mosselbaai gebied word om nie net hul slag te toon in konvensionele sportnommers soos die 100 meter, 200 meter, 400 meter en 800 meter nie, maar ook in die eendjieloop en ouklereresies.
Die Eden Goue Spele vir mense ouer as sestig jaar sal in die Van Riebeeckstadion plaasvind. Daar word na afloop van die byeenkoms ook ‘n span gekies wat op 1 September 2015 aan die Wes-Kaapse Goue Spele in Kaapstad gaan deelneem. Deelname, vir mans en vroue, sal in die ouderdomsgroepe 60 tot 69 jaar, en bo 70 jaar wees.

Behalwe die eendjieloop, ouklereresies en die genoemde baanitems, sal daar ook aan nommers soos bal skop en aangee, bal-aflos, sokker en doelskiet, jukskeigooi, en rugbybalgooi deelgeneem kan word. Daar sal ook ‘n wasgoedpennetjienommer vir mense in rolstoele wees.

Die Mosselbaaise span, wat uit 57 lede bestaan, is gekies na proewe waaraan 124 mense van Ruiterbos, Herbertsdale, Buisplaas, Mosselbaai, Benevolent Park en die Itembalethu en Ingelishwe bejaardegroepe deelgeneem het.
Die verskillende dorpe in die Eden munisipale gebied stuur elkeen ‘n span van ongeveer dertig deelnemers na die spele in Mosselbaai. Altesaam 250 persone gaan deelneem.
Die publiek word ook uitgenooi om die Spele by te woon.

Navrae in hierdie verband kan aan Alma Kritzinger by die Mosselbaaise Munisipaliteit by telefoon (044) 606-5251 of Jean Neethling by 082 776 9510 gerig word.

– Vol kleur foto beskikbaar op www.mossview.co.za

SUID-KAAP BESIGHEIDSVROUE

FOTO

Die foto van links na regs: Wilna Grobler (voorsitter van SACBW  Suid Kaap). Rika Venter (stigter) en Cerita Naggy (president van SACBW).

12 Mei 2015 is beslis ‘n datum wat onthou gaan word in die Suid-Kaap. Besigheidsvroue het by die Wildernis Hotel bymekaar gekom om die eerste “South African Council of Business Woman” – tak, in die Suid Kaap te stig.

Wilna Grobler, die voorsitter van die Suid Kaap tak, het die oggend geopen met skriflesing en gebed. Angelique Grobler het die ys gebreek met lagterapie. Cerita Naggy, die president van SACBW, het vir almal teenwoordig ‘n oorsig gegee van die organisasie en waarvoor dit staan: (hieronder is die besonderhede)

Dit was ‘n baie spesiale geleentheid aangesien Me Rika Venter (stigter) ook teenwoordig was.

Melissa Morton was die spreker van die dag met: “My message to you today is to be self-aware, know who you are and what you stand for. Be authentically you, because you have unique strengths that will lead you to greatness”.

The SACBW is a non-profit organisation. They have a partnership with The Job Club that focuses on job creation, training and business opportunities. The council was established with the intention and goal to find an organisation that represents women in business and create a vehicle for women to network, learn from each other, grow and mentor other women in the field of business. Their slogan “Unlocking potential” is key to this organisation as it is the explicit goal to see women grow to their full potential, reach their goals and succeed in business.

The South African Council for Businesswomen (SACBW) is an inclusive, dynamic, vibrant and powerful agent of change in the South African business environment and is represented nationally by successful business women. Membership is open to women entrepreneurs, corporate women and professional women. The Council offers development for all levels of businesswomen where they can learn, grow and be challenged to excel in a supportive and uplifting environment. At the SACBW we promote the business interests of our members in particular and the economy of South Africa in general.

The SACBW is the only women’s organisation affiliated to the AHI chamber of commerce, enabling us to participate at the highest level of influence in South African Commerce.

The SACBW was founded by Rika Venter in 1985. First known as the “SA Raad vir Sakevroue,” the name was later changed to the “SA Council for Business Women” to represent our inclusive approach for the 21st Century. From its founding days till now, the SACBW has represented women in business and created a platform for development, growth and opportunities for members.
Wilna Grobler – 082 320 5436