Month: May 2015

SOLAR SOLUTIONS

What is Power Factoring?

Power factor is the ratio between the kW and the kVA drawn by an electrical load where the kW is the actual load power and the kVA is the apparent load power. It is a measure of how effectively the current is being converted into useful work output and more particularly is a good indicator of the effect of the load current on the efficiency of the supply system.

By installing suitably sized switched capacitors into the power distribution circuit, the Power Factor is improved and the value becomes nearer to 1 or 0.98 thus minimizing wasted energy, improving the efficiency of a plant, liberating more kW from the available supply and saving you money!

Once in place, the cost of PFC can usually be recovered in less than 1 year.
Install and maintain your power supply
To maximize the lifespan of the PFC panel it is of utmost importance that the panel is correctly installed and maintained. Due to the nature of the design of the dielectric, the capacitor is sensitive to overheating and transients and is therefore important to keep track of the condition of the capacitors, either to measure the current or the capacitance of the phases and to keep records of these measurements. In case of a new installation or modifications to an existing installation, it is important to check that capacitors and transformer can not go into resonance if there are harmonics in the system.

E-Power can repair your existing PFC panel or supply and install a new unit to suit your requirements. It is also recommended to have your PFC installation serviced on a regular basis to prevent excessive damage to the PFC panel in case of any type of failure.

 

Conext Solar Solutions
Conext XW+ or Conext SW integrates into the residential electrical system and seamlessly converts power from battery reserves to power critical loads such as pumps, security systems, refrigerators and electronics, when utility grid power is unavailable. For extended power outages, Conext XW+ or Conext SW integrates with a generator to support critical loads while replenishing battery reserves.

Conext solutions include:
Seamless switch-over
Powerful load starting
Fast efficient ChargePower technology
Integrate generator for longer autonomy
Scalable battery reserve

Why choose Conext XW+
Higher return on investment
Excellent load starting with high 30-minute and 5-second power
Performs in hot environments up to 70°C
Intelligent functionality enables solar prioritization, load shifting, peak shaving, and assists small generators with heavy loads
Backup power with grid-tie functionality converts external DC power to AC power for export to the utility grid

Designed for reliability
Extensive quality and reliability testing
Highly Accelerated Life Testing (HALT)
Globally proven and recognized field performance

Flexible
Single or three phase systems from 7.0 kW to 102 kW
Supports DC coupled and AC coupled off-grid and grid-tie architectures
Supports charging of Lithium Ion battery packs

Easy to service
Field serviceable with replacement boards and spare parts
Monitor, troubleshoot or upgrade firmware with Conext ComBox

 

EPOWER –  044 691 2074

 

 

van die Redaksie

JULIE RETIEF

Moedersdag word die jaar op Sondag, 10 Mei 2015 gevier.

Maar is dit regverdig om dit“Moedersdag” te noem ?

Wat van die vrouens wat nie kinders het, of kan hê nie, vrouens wat nooit getroud is nie, maar wat sonder skroom sal instaan om die rol van “ma” in te neem.

Dikwels is hulle die “ma”, wat jy nie kan, of altyd tyd het, om te wees nie.

Kinders (nie hulle eie kinders) word rondgery, hulle vertroos, versorg, staan in wanneer ma en pa tyd alleen wil deurbring of wanneer hulle vir dae uitstedig moet wees.

Wie van ons ken nie die waarde van so iemand in ons lewe nie ?

Op Moedersdag sê ek dus vir al die vrouens (Ma of nie Ma nie), dankie dat julle daar is vir julle mans, kinders, vriende en familie. !!

Mag jul almal, op Moedersdag, die liefde en waardering wat julle verdien, ervaar.


DIE LIEFDE VAN ‘N MA:

“’n Ma kan verstaan wat ‘n kind glad nie sê nie”.

“ ‘n Ma se liefde is soos skottelgoed… dit hou NOOIT op nie”.

“Get up, Dress up, Show up & Never give up”.

 

ATKV-Hartenbos verwelkom HARTENBOS SEEFRONT

seefront-01

Met ’n trotse geskiedenis van 79 jaar is ATKV-Hartenbos gereed om ’n nuwe baadjie aan te trek. Dit kom nadat die ATKV vandeesweek toestemming verkry het om voort te gaan met die planne vir die ontwikkeling van die Hartenbos Seefront.

Na verskeie gesprekke en voorleggings, het die Raad van die Mosselbaai Munisipaliteit die goedkeuring aan die ATKV verleen om voort te gaan met die projek.
Volgens Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, gaan die eerste fase van die ontwikkeling in Julie 2015 begin en sê Gouws dat die ontwikkeling nie net ʼn aanwins vir die ATKV en sy lede sal wees nie, maar ook vir Mosselbaai en die Suid-Kaapse toerismebedryf.

Die ontwikkeling sal in vier fases gedoen word waarvan die eerste fase teen November 2015 afgehandel sal wees om te verseker dat vakansiegangers oor die Feesseisoen hul welverdiende vakansie kan geniet. In dié eerste fase sien die ontwikkeling as volg daarna uit:.

· Die Skoffelskuur en Na Donker-kuierplek en restaurant verskuif na langs die Walvissaal.

· Die konstruksie van die ablusieblok op die B-kampeerterrein.

· Die warmwater-onderdakswembad word opgegradeer en uitgebrei.

· Die konstruksie van die eerste gedeelte van die kleinhandelfasiliteite en nuwe pretpark begin.

· Verskeie pad-opgraderings word rondom die terrein voltooi.
Belangstelling onder kleinhandelaars vir vloerspasie in die ontwikkeling is reeds baie groot en onderhandelinge begin nou in alle erns om vir gaste, kopers en die gemeenskap waarde en verskeidenheid te bied.

’n Nuwe maatskappy is reeds gestig om uitvoering aan die projek te gee en die ATKV sal ’n aandeel van 50% plus een hê. Die res sal deur ander aandeelhouers besit word. Alle werk gedurende die ontwikkeling sal deur middel van ʼn deursigtige tenderproses hanteer word. Plaaslike diensverskaffers sal ook aan die prosesse kan deelneem.

Ons wil ook die geleentheid gebruik om die volgende inligting aan gaste en besoekers aan die ATKV-Hartenbos Vakansieoord, gedurende die konstruksieperiode asook die 2015 Desember-vakansieseisoen, deur te gee:

· Alhoewel die Pretpark slegs gedeeltelik toeganklik sal wees (wipmatte, minigholf en kouewaterswembad) sal daar verskeie alternatiewe vermaak vir jonk en oud aangebied word by die Amfiteater.

· Weens konstruksie en die voldoening aan veiligheidsmaatreëls sal sekere parkeerareas nie tydens Desember 2015 beskikbaar wees nie, maar daar sal voorsiening vir addisionele parkering gemaak word.

· Ter wille van veiligheid sal ongeveer 25 staanplekke op die B-kampeerterrein gedurende konstruksie, sowel as oor Desember 2015 nie beskikbaar wees nie.

Die Hartenbos Seefront se tweede fase skop vroeg in 2016 af vir voltooiing teen Desember 2016, wat insluit die omskepping van die Walvissaal in ʼn meerdoelige sentrum wat onder andere ʼn ysskaatsbaan gedurende die vakansieseisoene sal insluit, konstruksie van verdere kleinhandelwinkels en restaurante asook ʼn splinternuwe water- en pretpark.
Fase drie van die ontwikkeling behels die opgradering van die bestaande strandoordsentrum en fase vier sluit nuwe luukse vakansiebehuising in.

Hou gerus die ATKV (www.atkv.org.za) en ATKV-oorde (www.atkvoorde.co.za) se webwerwe dop vir kommunikasie oor die vordering met die ontwikkeling.

ADS 6

Persoonlikheid van die Week – Mornay Beukes

Mornay - foto

U huidige beroep?
Oordbestuurder: ATKV-Hartenbos Strandoord

Wat motiveer jou ?
My vrou en my kinders, maar ook my passie vir mense en hierdie pragtige vakansiedorp van ons!

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Die doen en late van daardie ou blou spannetjie daar in die goeie ou Noord-Transvaal en die spel wat hulle speel! Maar op ‘n ernstiger noot geniet ek dit om met mense te gesels en te hoor wat hulle doen om suksesvol te wees en die paaie wat hulle al gestap het om te kom waar hulle vandag is.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het ?
Om nie my B.Com graad deur UNISA klaar te gemaak het nie. Na 7 jaar se buitemuurse studie het ek nog net 3 vakke nodig gehad vir my graad, maar toe het tyd, werk en besig-wees my ingehaal.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
In my tweede lewe wil ek eintlik ‘n slagter wees!! Ek geniet dit om elke jaar tydens die jag seisoen my eie vleis te verwerk, wors, droëwors en biltong te maak, asook salami’s en kaaswors. (Maar na diepe nadenke, besef ek dis glad nie ‘n nuttelose talent nie!)

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Die agbare president se werk om net vir die land te vertel dat oom Jan niks te doen het met waar ons vandag staan nie, maar dat ons self baie het om te doen om seker te maak iemand anders nie oor 300 jaar van nou sê dit was die president van vandag se skuld nie. Ons moet vorentoe en nie terugkyk nie!

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog ?
Toe my seun (hy was toe maar 8 of 9) eendag in juffrou Santie se klaskamer vir haar vertel het dat Vitamiene B & C staan eintlik vir Vitamiene Brandewyn en Coke!! Ek en my swaers het ‘n geheime kode op die plaas as ons dors raak – Windhoek Lager is Vitamiene W & L, Black Label is Vitamiene B & L, ens. Hy moes toe opgetel het van Vitamiene B & C en ek moes vinnig as beheerliggaamlid gaan verduidelik aan juffrou Santie dat ons darem nie die kind so wild grootmaak nie!!

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek sal dit natuurlik gaan belê totdat die regte geleentheid opduik om dit te laat werk vir ‘n mens, maar die vraag is “hoe sal jy dit spandeer”? Wel, ek sal definitief al my skuld betaal en die res, aag hulle sal maar moet wag tot ek die volgende miljoen wen!

Ek verlaat nooit my huis sonder ……..
dat my tande geborsel is en dat ek spuitgoed en naskeermiddel aan het nie. Ook nie sonder my selfoon, my bos sleutels (daarmee kan ek enige plek in die land oopsluit), my tweerigtingradio en sonder om my vrou en kinders te groet nie. Gewoonlik gebeur laasgenoemde andersom – hulle is altyd voor my by die huis uit!!

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
‘n Jaar of twee gelede sou dit seker vir geld gewees het, maar op hierdie oomblik sal ek regtig wens dat ek en my vrou al twee mag saam oud raak om ons kinders te sien ontwikkel in die tipe volwassenes waarvoor ons bid en glo hulle elkeen in staat is en natuurlik om ons kleinkinders te sien grootword!!

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek is ‘n spoorwegkind en trots daarop!
Ek is ‘n gebore-Mosselbaaier en trots daarop!
Ek het ‘n klein hartjie en huil maklik – as die familie wil huil, dan vra hulle my om die toespraak te maak of te bid!
Ek hou ongelooflik baie van jag, 4×4 en ‘n boerdery.
Ek het lisensie om ‘n G5 kanon skiet (as dit nog vandag geldig is?) – 48km vêr!!
En ek het ‘n swaarvoertuig lisensie!!
My vrou sal sê, ek het ‘n hart van goud!
En ook dat sy nie nog ‘n man ken wat so lekker kan “shop” soos ek nie. Ek is bietjie van ‘n impulsiewe koper!!

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van Mosselbaai?
Om te lewe is om te kan wees en om te kan wees, moet ons liefde en respek betoon en verdraagsaamheid en deernis openbaar. Al hierdie elemente is in Mosselbaai se gemeenskap teenwoordig en ons moet dit koester en laat saamwerk tot voordeel van die hele gemeenskap.

Kontakbesonderhede:
Naam: Mornay Beukes
Tel: 044 601 7227

Wat is ‘n Ma?

Maas is baje mooi. Hille kleer hille gesigte in. Maas lees vir mens stories. Maas kan goet sien, as jy klaar gebat het sien hille dis nog vyl agter jou ore. As jy stout is sien hille deer ‘n mier en vra wat jy alweer doen. Hille maak groente vir kos en ons kry lekker poeding as ons allis opeet. Maas moet baje slim wees, want ons jivrouens gee vir ons hyswerk dan doen ons maas dit. Maas vat kinners skool toe en soen hille voor anner kinners en tanies. Maas is altyt laat en se kiners moet gou maak. As jy siek is pas Maas jou op. Maas het baje gelt vir tamatiesous, pienatbater, seep en tannepasta, kofie en pap maar net biekie gelt vir swiets. Maas se altyt hille het nie gelt nie maar dan koop hille ‘n trolie vol goeters. Maas hou van winkels waar mens net ‘n papierkie teken want dan hoef jy nie te petaal nie. Maas se altyt hille is vet as hille ou kleere aantrek, niewe kleere pas net reg en dan is hille maar. Maas is baje virsigtig. Hille se altyt pasop vir die karre en slyt al die dere. Hille is bang vir krieke, en jaag die hond van die bet af. Maas is baje vliks. Hille praat lank op die foon, lees boek en kyk dys of de laaivs op tiewie en dan maak hille vinig kos voorlat Paas kom. Maas gaan eendag hemil toe want hille bit baje en ken alis van Liewe Hiesis. Ek is baje lief vir Maas.

Tuinmaak met Leani

Moeders.
Wonderwerke.
Ons hou van moeders.
Ou moeders, jong moeders, ons eie moeders.

Herinneringe aan ‘n moeder gaan dikwels gepaard met aangename reuke.
Sag en harts verwarmend, soos Jasmyn en Roos, en ‘n warm kombuis met heerlike kosreuke wat die huis volmaak en veilig en vol liefde laat voel.
Daar is eintlik so min wat ‘n mens hoef te doen om ‘n moeder se hart bly te maak. En aangesien dit Moedersdag is die 10de, hou ons daarvan om ons moeders bietjie meer te bederf, en dis goed so.

Tradisioneel is ‘n bos blomme ‘n fantastiese geskenk. Maar probeer dalk hierdie jaar ‘n blommetjie koop wat binne in ‘n potjie staan met grond in. Dit beteken iets meer permanents, wat langer haar hart kan laat blom, en sy sal nooit vergeet wanneer sy dit as geskenk ontvang het nie.

Binneplante begin weer ‘n nuwe herlewing vind. Dit veminder spanning. Dit maak ‘n vertrek hartlik voel. Afgerond. Vriendelik. Bring suurstof in die huis in, rond ‘n afgeskeepte hoek af, en groen pas by alles!
Aangesien ons nou lus is vir bederf,, en so van binneplante gepraat…
Neem jou binneplante bietjie uit vir vars lug.
Plante met gladde blare kan afgespuit word met water, skoongevee word van stof met ‘n produk met die naam van Wonderwipes. Hulle sal skitter as jy bietjie “Leaf Shine” op hulle spuit. Mis onder die blare elke nou en dan, verhinder rooi spinmyt.

In die winter voed ons binneplante minder, maar organiese vloeibare voeding soos Nitrosol is puik om plante se gesondeheid goed te hou. Engelse sout werk wonders in kamertemperatuur water, so een maal per maand.
Plante met harerige blaartjies hou gewoonlik nie daarvan om nat te word nie, en stoffies moet met ‘n ou sagte borseltjie afgeborsel word. Gee hierdie plante van onder af water.
In die kouer maande benodig ons potplante minder water, en indien moontlik, probeer hulle skuif waar hulle nie die droë hitte van verwarmers hoef te hanteer nie.

Onthou, daar is plante wat minder lig kan hanteer, kom sien ons gerus vir raad in die verband.
Baie dankie aan elkeen wat ons die naweek ondersteun het!
Ons het heerlike gekuier met ons nagtegaal Petronel, en baie interessante tuin praatjies.

Ons hoop julle bederf, geniet, en lief julle moeders baie lekker die week!

Tuin Groete!

AD 5

Personality Profile – Jo Ann Victor

JO ANN

Name and Surname
Jo-Ann Victor

 

What is your current occupation?
Marketing Manager

 

What motivates you?
My career, my husband, my family & friends …and running.

 

Name one thing that always peaks your interest.
Marketing

 

What is the stupidest thing you’ve ever done?
To many….Lol

 

What useless talent do you have that nobody knows about?
Playing drums

 

If you could take over one persons job for a week, who’s would it be and why?
My boss’s….so that I can give myself a raise….hahahaha

 

What was your most embarrassing moment?
Can’t recall right now

 

If you won a Million, how would you spend it?
On charity, my family and to travel the world…..with friends and family

 

I never leave home without ……….
My Wedding ring

 

What is your favourite restaurant and meal?
The Gannet…….Red wine…Lol

 

If you had one wish from a “genie” what would you wish for?
For my mom to walk again

 

Tell us some interesting facts about yourself.
I am hard working, positive and love life.

 

What is your message to the community of Mossel Bay?
When you want to succeed as much as you want to breathe, that is when you will be successful!

 

Contact details:

Name: Jo-Ann Victor
Tel: 0826765916