Saterdag, 27 Junie 2015
Tyd: 08h00
Kenani hou MINI BASAAR Saterdag, 27 Junie 2015!
Ons nooi die gemeenskap uit na die ACVV Kenani se Mini Basaar by 07 Alpha Straat. Daar sal weer watertand lekker eetgoed en verversings te koop wees. Goeie tweede handse Linne en Klere word verkoop teen winskoop pryse. Die grootste treffer vir die dag is natuurlik die Wit Olifant Verkoping. Wees vroeg en wees gereed want die hande swaai en die winskopies waai.
Vir navrae skakel ons kantoor by 044 690 3204 of 044 690 3794.