Month: July 2015

ROADWORTHY & REPAIR CENTRE – Heiderand

desember 2015 103

106 Schoeman Street, behind the Fire Brigade

Roadworthy & Repair Centre, Heiderand –
We do Services and Repairs to all cars, LDV’s & Trucks.
On board skimming of brake disc’s.
Skimming of flywheels, manifolds & brake drums.
Rebond & radius brake shoes.
Make up steel & rubber pipes.

We are open MONDAY – FRIDAY
07:00 – 19:00

We started the business in June 1991. Being in business for 24 years, we are known for the our excellent Workmanship & Service.

Owners, Ralie & Leynette Roelofse, strive to always give their customers the very best service and price possible, to ensure that they always return.

We are proud to mention that when we started the business years ago we only had a few bucks, no business experience or equipment. Today we are fully equipped to do the best work possible to the satisfaction of our clients.

The following sets us apart from other mechanical workshops:
Our personal involvement in our repairs & services to clients.
Clean & tidy workshop.
Parking & lock up facilities after hours.
Specials on brakes and service parts.
Free quotations.

Through experience we’ve learned that client service, parts and workmanship must always be of the highest quality and standard possible.
Our message to the Community – we strive to give our best in workmanship and treat all our customers equal, no matter how small of how big the job to be done.

Ralie & Leynette Roelofse
044 691 1647
076 373 5464

Tuinmaak met Leani

Sê totsiens vir insekte en siektes in jou groentetuin
op ‘n natuurlike manier

Niemand wil kos eet wat vol gifstowwe en insekdoders gespuit is nie. Hier is ‘n handjievol maklike metodes om ontslae te raak van siektes en insekte op ‘n natuurlike manier.

Eerstens is die ligging van jou groentetuin baie belangrik. Die groentetuin moet ten minste 8 tot 10 ure per dag sonskyn kry. Dit help met groei en versnel die verdamping van water op die plant oppervlak wat die risiko vir siektes verminder. Dit word aanbeveel om eerder saad variëteite te koop wat ‘n ingeboude weerstand het teen siektes en insekte. Gebruik onkruid en siektevrye materiale wat nie vertraagde groei en swak ontwikkeling sal veroorsaak nie.

Gewas rotasie is beslis ‘n MOET. Dieselfde gewas moet net eenkeer elke 3 tot 4 jaar op dieselfe plek geplant word, vir die eenvoudige rede dat sekere siektes op puin kan leef deur die winter. Sekere gewasse neem spesifieke minerale uit die grond en sommiges sit weer minerale terug, dit is waarom gewas rotasie van kardinale belang is om nie die grond uit te put nie. Oor- en onderbemesting is ‘n groot probleem veral in groentetuine. Om te bepaal hoeveel voedingstowwe beskikbaar is in grond kan ‘n eenvoudige grondtoets gedoen word. Dit is belangrik om die korrekte grond pH te handhaaf vir optimale groei. Groente verkies ‘n effense suur grond met ‘n pH van 6 tot 6.9. Indien ‘n grondtoets toon dat die grond pH suur is moet die voorgestelde hoeveelheid kalk toegedien word en indien dit té akalies is moet sulfaat by die grond gevoeg word.

Dit is belangrik om te wag dat die grond ‘n bietjie warmer is voordat jy saai. Jong plante groei dus vinniger en ontsnap infeksie baie makliker met die regte grond temperatuur. Plant groente met die aanbevole spasiëring. Dit verhoog sirkulasie rondom die plant wat humiditeit en die uitbreek van siektes verlaag.

Meeste plante groei die beste in goed gedreineerde grond. In swaar of swak gedreineerde grond moet iets gedoen word om die regte hoeveelheid vog in die grond te hou. Dit word aanbeveel om op ‘n rand, heuwel of in opgeboude beddings te plant om roes, wortelvrot en blaarsiektes te vermy. Organiese materiaal kan by die grond ingewerk word om swak gedreineerde kleigrond bietjie los te maak. Voldoende water is baie belangrik. Die gebrek of oorvloed daarvan kan plante meer vatbaar maak vir siektes.

Die volgende is voordelige plaagbeheerders wat die peste op ‘n natuurlike manier in toom hou: Plantluise word beheer deur skilpadbesie en hottentotsgotte. Ruspes en snywurms word weer beheer deur parasitiese wesps. Hottentotsgotte beheer sprinkane en voordelige nematodes beheer slakke. Lacewing larwe beheer blaaspootjies (Thrips) baie suksesvol. Afrikanertjies is ‘n algemene insek-afweerder wat ‘n bate is in enige tuin.

Deur gebruik te maak van die bogenoemde wenke is nie net beter vir jou gesondheid nie, maar ook beter vir jou sak.

Telefoon nommer: 044- 620 2565
Email: info@leani.co.za
Facebook: Leani Kwekery