Month: August 2015

ORGAAN SKENKING

Die afgelope Junie/Julie vakansie was gekenmerk deur die tragiese dood van ten minste 5 studente van Potchefstroom universiteit tussen 19 en 23 jaar!

Die predikant by Sumaré Prinsloo se gedenkdiens het gesê Sumi het ‘n NB lewe gelei. N vir naby God en B vir Blessed. Sy het dit egter nog ‘n stap verder geneem deur mense ook na haar dood te seen deur haar organe te geskenk en nuwe lewe aan ongeveer 7 mense te gee. Sewe mense wat weens hierdie onbaarsigtige daad dalk nog ‘n groot verskil in ander vriende of familie se lewens kan bewerkstellig omdat hul tyd hier op aarde nog nie afgehandel is nie. Ek wil ook glo dat dit vir die familie ‘n mate van berusting en troos bied om te weet iemand anders leef omdat hul kind bereid was om NIE met haar gesonde organe te sterf nie. En sodoende leef sy voort deur hierdie nalatingskap.

Wie van ons wil nie so ‘n nalatingskap los vir ons naaste nie? ‘n Nalatingskap van lewe? Gun my dan die geleentheid om net ‘n paar vrae rakende die aangeleentheid van orgaanskenking te beantwoord. Enige iemand kan organe skenk. Nie een van ons weet wanneer ons sterfdatum is nie en daarom weet ons ook nie in watter toestand ons organe of weefsel op daardie gegewe dag gaan wees nie, maar dis nie nou belangrik nie. Wat belangrik is, is dat jy ‘n vormpie moet invul wat dan op die orgaan skenking forum se databasis geregistreer word. Jy kry ‘n “sticker” om in jou ID te plak en ‘n klein orgaanskenking kaartjie om in jou beursie te sit en siedaar jy is ‘n hero! Hoe werk die orgaanskenk proses? Heel eerste moet jy breindood verklaar word, dan word onafhanklike spesialiste wat nie fisies by die uithaal van die organe betrokke is nie, ingeroep om die “breindood” weer te bevestig, voordat met die proses voort gegaan kan word. Die uithaal van die organe word met uiterse professionaliteit en menswaardigheid hanteer.

Een persoon wat sy organe en weefsel skenk kan tot 50 persone se lewens verander. Indien jy net jou organe wil skenk kan jy tot 7 mense se lewens onherroeplik verander.

Nadat jy op die databasis geregistreer is kan jy ook enige tyd jou naam laat verwyder sou jy anders besluit. Dis net balangrik dat jy ook jou familie inlig oor jou besluit. Die persone wat die organe ontvang se besonderhede word konfidensieel gehou, ofskoon hulle met die skenker se familie mag kontak maak, sou hulle wou.
Ons wil dus ieder en elk uitnooi om ‘n vorm, sticker en kaartjie by my, Hartenbos Apteek, te kom afhaal en sodoende jou nalatingskap vir jou naaste te waarborg in ‘n tyd waar jou ID, Beursie of familie namens jou moet praat omdat jou eie stem stil geraak word.

Mosselbaai se gemeenskap het nog altyd op verskeie vlakke uitgestaan in ons land en ek is vol vertroue dat ons rekord getalle ledevorms gaan terugstuur en daardeur die omgee-karakter van ons dorp weerspieel.

Hartenbos Apteek 044-695 1510
hartenbosapteek@gmail.com
Facebook: Hartenbos Apteek Dieet

LAERSKOOL PARK

20150812_100522

Het The Lion King jou bekoor?

Laerskool Park hou revue op 17-20 Augustus met die tema Circles of life. Kom wees deel van die pret en bespreek nou jou kaartjie by Laerskool Park 044 691 1020.