Month: October 2015

van die Redaksie

32

“Give Credit where credit is due”, en so wil ek weer die Munisipale-werkers en dié wat hulle beheer en bestuur gelukwens.

Oral waar jy kyk word ons paaie en sypaadjies netjies gemaak …. en tog so ge-orden !!
Wanneer gras gesny word word skadunet voorgehou om die moontlikheid van skade aan mens en motor te probeer vermy.
Die korrekte oorklere, glimbaadjies en veiligheidsbrille word gedra. Ook word fluitjies geblaas om die werkers teen naderende verkeer en moontlike gevaar te waarsku.
Ongelooflik !!
En so asof ek nie reeds trots genoeg is op ons Munisipaliteit nie, gebeur die volgende.
Buite ons agterdeur merk ons water wat opstoot en van tyd tot tyd ‘n uiters onaangename reuk.
Die Munisipaliteit se hulp word ingeroep en weereens …. Ongelooflik, binne 20 min. was hulp daar!! Weereens staan ek verstom, nie net oor die vinnige reaksie nie, maar ook oor hoe bekwaam en vaardig die werkers was.

In ‘n japtrap, met die minste skade aan ons grasperk, is die probleem opgelos. Buurman se palmboomwortels was die oorsaak.
Nou vra ek: “Hoe kan ‘n mens sulke diens miskyk ”?
“Amazing”,

Julie Retief (Red)

editor@mossview.co.za

1

SHARK AWARENESS PROGRAMMES IN MOSSEL BAY SCHOOLS

A programme to make learners of local primary schools more aware of the importance of sharks to our planet commenced on 13 October 2015 and will continue until the end of the month.

The programme is presented in conjunction with the Gouritz Cluster Biosphere Reserve (GCBR) by Esther Jacobs Overbeeke, a Sarasota Fins Shark Education and Conservation Program Ambassador and Founder of the Keep Fin Alive campaign. It consists of a series of talks at which Ms Jacobs Overbeeke explains the issues faced by sharks and their importance to the earth. The series is sponsored by the Mossel Bay Municipality.

According to the most recent and accurate research, up to 273 million sharks are killed each year. Sharks cannot reproduce quickly enough to keep up with the demand and the only way to stop shark extinction is to stop the trades.
Sharks play a vital role in keeping the oceans healthy and are essential to an ecosystem that produces more oxygen than all the rainforests combined, provides a third of the world with food, removes half of the atmosphere’s greenhouse gases, and controls our planet’s temperature and weather. Sharks and the oceans desperately need people’s help.
Fin is the Keep Fin Alive mascot and a handpuppet shark on a mission to be photographed with as many people as possible holding a sign that says ‘I hugged a shark and I liked it… Keep Fin Alive.’ “Fin has already been photographed with Emo Adams, Chris Chameleon, the Algoa FM Daron Mann Breakfast Team, aKing, Prime Circle, Jack Parow and many other celebrities,” according to Ms Jacobs Overbeeke.

The ultimate goal of the campaign is to take a light-hearted approach to help change the common misconception of sharks and drive more attention to the problems of shark overfishing, finning, shark fishing tournaments, by catch and longlining. The power of social media is used to capture even those who usually turn a blind eye to the negative stories.

The schools involved in the programme are Erica Primary School, Park Primary School, Isalatisho Primary School, Ridgeview Primary School, Great Brak River Primary School, St Blaize EK Primary School, Diaz Primary School, St Lukes Primary School (Brandwag), Imekhaya Primary School, Curro Mossel Bay, and All Saints Primary School.

“It’s great that Esther brings this focus on the important role of sharks in our oceans – the marine environment is a vital part of the GCBR and a great tourist attractor for Mossel Bay,” says the GCBR’s Wendy Crane. Sharks and the oceans desperately need our help.

The Gouritz Cluster Biosphere Reserve was officially designated by UNESCO in June 2015 as an International Biosphere Reserve under UNESCO’s Man and the Biosphere Programme. Biosphere reserves exist to promote sustainable development through combining local community efforts with sound science.

Mosselbaai Afbakening

28

Met 2016 Munisipale verkiesing op hande het die afbakeningsraad sekere verandering aan wyke binne die Mosselbaai gebied aangebring . Die grote van wyke word bepaal deur die getal kiesers in ‘n wyk , met ‘n glyskaal tussen 3800 en 2400 kiesers . Wyksgrense het ook ten doel om nie verwydering in gemeenskappe te bring nie.

Gedurende Munisipale verkiesings mag stemgeregtigdes slegs in die wyk waar hul geregistreer is hul stem uitbring. Dit is dus van uiterste belang dat kiesers hul vergewis van waar hulle moet registreer .

Die afbakeningsraad het na openbare vergaderings en voorstelle deur politieke partye hul besluite geneem en is die wyksgrense geproklameer en in die staatskoerant afgekondig .
Veranderinge is aangebring in wyke 1, 2, 3, 4, 5, 8 ,9 ,11, 12 en 13
Wyk 4 , het die deel van wyk 5 wat in Kleinbrakrivier se gemeenskapsaal gestem het bygekry. Hierdie kiesers bly by dieselfde stemlokaal en hoef dus nie te herregistreer nie . Inwoners van Monte Christo en Hartenbos Landgoed moet egter in Kleinbrak registreer omdat hulle voorheen by die Brandwcht gestem het .
Wyk 5 het nie gebiede bygekry nie en slegs nuwe registrasies moet gedoen word .
Wyk 8 . Die gebied, Tarka word gevoeg by wyk 9. Hul stembus bly dieselfde as in die verlede en hoef dus ook nie te herregistreer nie.
Wyk 9, die grense verander ook met die byvoeging van die gebied agter die D’Almeida sportstadion. Hierdie gemeenskap was vroeër in wyk 12 geregistreer en moet dus herregistreer.
Wyk 11 het slegs geringe weglatings van groeperings in die Asla gebied.
Wyke 12 en Dertien het minimale veranderings.
Wyk 14 Groot Brakrivier bly onveranderd.
Vir verdere inligting en om kiesers van kaartgrense te vergewis kan Petru Terblanche by 0824906564
gekontak word.
Wees deel van die oplossing.
Registreer nou

GEMEENSKAPSORGANISASIES KRY SKENKINGS

26

Sewe gemeenskapsorganisasies het vandeesweek skenkings van R155 000 in totaal uit die Burgemeester se Noodlenigingsfonds ontvang. Die skenkings is op Maandag, 19 Oktober 2015, by die Munisipaliteit deur die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Ferreira, aan verteenwoordigers van die organisasies oorhandig

Die organisasies wat vanjaar skenkings ontvang het, was die Piet Julies VIGS Aksiegroep, die Itembalethu Bejaardegroep, ACVV Kenani, Heart to Heart, Genesis Gemeenskapsprojekte, @ Peace Sorgsentrum en New Life Teater.

Die Burgemeester ontvang gereeld versoeke uit die gemeenskap, wat wissel van versoeke vir hulp aan mense wie se wonings, byvoorbeeld, afgebrand het of deur vloedwater oorstroom is, tot hulp aan behoeftige individue wat gekies is om aan provinsiale, nasionale en selfs internasionale kulturele, opvoedkundige of sportbyeenkomste deel te neem.

Eenmalige jaarlikse skenkings word, soos in hierdie geval, ook aan gemeenskapsorganisasies vir verdienstelike projekte gemaak. Die organisasies moet aansoek doen, en die aansoeke word deur ‘n spesiale komitee oorweeg.

Die fonds is afhanklik van skenkings aangesien belastingbetalersfondse volgens wet nie gebruik mag word om dit te finansier nie.

Die Burgemeester se Gala-aand wat op 23 Oktober 2015 in die Stadsaal plaasvind, is ten bate van die fonds. Die Onafhanklike Entrepreneursvereniging van Mosselbaai asook die Nomads Motorfietsklub, wat jaarliks die Buffalo-motorfietssaamtrek in Mosselbaai reël, is gereelde bydraers tot die fonds.

2015 KANSA Relay For Life | Mosselbaai

25

Registreer nou u
Spanne vir die 2015
KANSA Relay For Life
MOSSELBAAI Ervaring!

Dit is ‘n KARNAVAL VAN HOOP!!!

Verenig saam met KANSA Suid-Kaap/Klein-Karoo in die stryd teen kanker, saam met alle kankerpasiënte, hul versorgers en familie. Kanker raak een uit elke 4 Suid-Afrikaners en u deelname aan vanjaar se RFL Mosselbaai wat op 7 en 8 November 2015 by die ATKV Hartenbos Amfiteater aangebied word, MAAK DIE VERSKIL!

BAIE URE VAN VET PRET VERSEKER IN EEN AAND DAT SPANWERK EN SPANBOU U ONDERNEMING AS WENSPAN GAAN UITLIG BO U TEENSTANDERS!

Ons nooi u hartlik uit om deel te wees van ons RFL Mosselbaai 2015!. Skryf een of meer spanne in. Vir alle navrae, skakel Yolandi Claassens by 083 978 3913 of epos by teamcansa@gmail.com.