Month: October 2015

HARTENBOS BEACHFRONT DEVELOPMENT

14

The Afrikaans Language and Culture Association (ATKV) and Hartenbos Waterwurm BK announced that they have reached a settlement following the application for an order of expulsion as requested by the ATKV.

The ATKV wishes to terminate the contract, according to the terms of the current lease, and to demolish the existing waterwurm, thereby allowing them to redevelop the facilities and create a new theme park at Hartenbos.

The settlement requires that the current tenants (Waterwurm BK) of the property on which the Hartenbos Waterwurm is located, will be permitted to operate the waterwurm during the forthcoming holiday season, until 12 January 2016. It will subsequently be removed in order to accommodate the new developments which are in the preparation stages.

The parties expressed mutual appreciation for the manner in which the dispute was resolved. (Gremlin)

PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK | BLACKIE SWART | HARTENBOS EIENDOMME

8

Naam en Van
Blackie Swart

U huidige beroep?
Eiendoms Konsultant , Hartenbos Eiendomme by die Diaz Convenience market, Diaz strand.

Hoe lank woon u al in Mosselbaai?
Ek woon die afgelope jaar in Danabaai , ek besit reeds 9 jaar eiendom in Mosselbaai en ek hou al die afgelope 34jaar vakansie hier waarvan die meeste in Santos Karavaanpark was.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Mense en hul gewoontes . Ek kan mense vir ure dophou en hulle gewoontetjies geniet. Ons is elkeen uniek in ons optredes en gewoontes.

Wat is die een fliek wat jou altyd laat lag?
Leon Schuster se flieks is uiters ontspannend en laat my keer op keer lag. Veral waar Jan Alleman geflous word. Weereens sien mens hoe verskillend mense reageer en optree.

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek kan toneel speel, maar het laas in Graad 1 op die verhoog opgetree – as die koei in die stal met Jesus se geboorte! Net my Ma en die Juffrou het geweet wie die akteur was.

As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Guppie, die tromspeler. Ek is eintlik ‘n kunstenaar – sonder enige musiek talente. Ek wou nog altyd tromme speel , sing en deur die land toer.

Watter boek lees jy tans?
Ek het pas Deon Meyer se nuutste boek, Ikarus, voltooi. Ek lees graag Deon Meyer, Louis L’Amour en Wilbur Smith.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
My skuld betaal! Die res moet maar wag. Op ‘n ernstige noot. Ek sal my tiende vir behoeftige mense gee en die res sal ek gebruik om ‘n erf in Danabaai te koop (dis nog goedkoop daar) en ‘n spekulasie huis bou wat onder R 1,500,000 verkoop kan word. Dit is die prysklas wat die meeste in aanvraag is.

Ek verlaat nooit my huis sonder …….
my motor of motorfiets nie!! Bang ek moet stap!! O ja en ook my geliefde vrou van die afgelope 37jaar, Gerda.

Jou gunsteling restaurant en gereg?
Delfinos vir lekker kuier by die see, Ponto vir lekker middagete buffet – dan kan ek my pensioenkaart gebruik vir ‘n gratis glasie wyn! As ek in George kom, probeer ek altyd ‘n steak eet by die The Grumpy Griller by 45 York straat. As ek en Gerda ons 3 kinders in die Kaap besoek, dan gaan eet ek Sushi by my seun se restaurant, Beluga, in Groenpunt.
Dus is my gunsteling gereg : Lekka kos!

Jou gunstelling vakansie bestemming?
Mosselbaai. In die winter my vriende se plase, Elizabeth in Warden distrik en Thaba Letsele en Eureka (ons ou familieplaas) in Postmasburg distrik.

Deel so paar interresante feite omtrent jouself –
Ek is ‘n baie lojale vriend en ‘n moeilike vyand. Ek is plat op die aarde en is nie skaam om te leef soos ‘n wedergebore Christen nie. Tog is ek baie lief vir Kunstefeeste en Sauvignon Blanc. By die huis is ek ‘n Kok van formaat en kosmaak is vir my ontsettend ontspannend en ‘n stres afleier. Ek hou van uitdagings en het my eerste en laaste Cape Argus op 58 jarige ouderdom voltooi.

Ek het deur die jare my “bucket list” leeg gemaak sodra ek iets daarin geplaas het. Ek wou nie wag tot aftrede nie. Daar is nog net 3 items oor op hierdie lys : Om volgende jaar op my 60ste verjaarsdag ‘n reksprong van Bloukrans brug te doen, 6 weke saam my vrou deur Suid Afrika te toer op my 1200 GS motorfiets en om ‘n geelstert , verkieslik 10kg of meer, te pylskiet saam my middel seun wat alreeds ‘n 42,9kg een geskiet het.

Ek het my 2de loopbaan, na jare in die Korporatiewe omgewing , op 58 begin en is absoluut gelukkig en geseënd om elke oggend op te staan om mense met hul eiendoms behoeftes by te staan en te adviseer.
My motto in die lewe:
Shit happens! Staan op en gaan aan!

Wat is jou boodskap aan die gemeenskap van Mosselbaai?
“Be part of the solution and not the problem! “
Hou op om in gesprekke en die sosiale media Mosselbaai , sy mense en sy besighede af te kraak, bou eerder op met positiewe kommentaar en los die probleem areas persoonlik op. Dit is baie meer positief en baie minder vernederend vir jouself! Raak betrokke in jou gemeenskap, sien om na die armes, die bejaardes, die siekes en beskerm ons inheemse Fauna en Flora.

Dankie aan die mense van Mosselbaai , julle is GREAT en dit is ‘n voorreg vir my en Gerda om hier te bly.

Blackie Swart
Hartenbos Eiendomme
O44 692 0472
076 011 2684