Month: February 2016

TUINMAAK MET LEANI

 

Vir baie lankal laat die avokadoboom ons in die duister oor hoe die wonderlike avokadopere ontstaan. Maar die kat is uit die sak!!! U hoef nie langer Cupido te speel nie, want daai pragtige boom het jou geflous.

Die Avokadopeer boom (Persea americana Mill) is twee slagtig, en die boom se bestuiwings proses is sekwensiël. Dit beteken dat die blomme deur ‘n manlike stadium gaan waar die stamen stuifmeel produseer en die stigma oop maak in die vroulike stadium om dit te ontvang.

Die interessante geslags veranderings verskynsel is bekend as Sinchrone dichogamie, wat die blomme van ‘n avokadoboom elke jaar dans. Elke blom maak oop vir net twee dae. Dag een van die proses is die blom vroulik, die stigma(C) is oop vir slegs twee tot drie ure en ontvang stuifmeel wat die saadknoppe(X) binne die “eierstok” (D) van die blom bevrug om avokadopere te vorm. Dag twee is die blom manlike en die meeldrade stel dan stuifmeel vry om die blomme te bevrug.
A-Meeldrade (Stamen)
B-Blom blaar
C-Stigma
D-“Eierstok”
X-Saadknop

Teoreties is daar by die avokado boom variteite genaamnd Fuerte (of by Hass) geen sameval van lewensvatbare manlike en vroulike blomme op enige bepaalde tyd nie.
Selfbestuiwing kan dus nie plaasvind nie. In die praktyk is dit egter nie heeltemal waar nie. Die eerste maal funksioneer die blom vroulik en die tweede maal manlik. ‘n Bekende soort soos Fuerte se blomme is vroulik in die middag en manlik die volgende oggend. Hass se blomme wat in die voormiddag oopgaan, is vroulik en dié in die middag manlik

So daar is dus nie eenslagtige avokadopeer bome met aparte manlike en vroulike bome nie, net eerder een baie slim boom. Meer as een avokadoboom op die erf of in die omgewing is ‘n plus punt en vergroot die kans vir bestuiwing. Let wel op die feit dat ‘n avokadoboompie wat van ‘n pit af gegroei is tot sewe jaar of meer kan vat voordat dit vrugte dra.

Die klimaat en weersomstandighede tydens bestuiwing is een van die grootste faktore wat bydra of ‘n boom dra of nie. Avokadobome het ongelukkig ‘n beperkte aanpassingsvermoë en is verskriklik sensitief vir ongunstige toestande wat lei tot ongereelde of geen obrengste. Die ideale omstandighede vir die blomstels is warm sonnige, windlose, reënlose dae.

Kunsmis is belangrik en die hoeveelhede wat gegee moet word wissel met die ouderdom van die boom. KAN(stikstof), Superfosfaat(fosfor) en Kaliumchloried(kalium of potassium) moet elke jaar gegee word om die boompie mooi sterk en gesond te hou. Stikstof en kalium moet toegedien word in Julie, Desember en April en die fosfor in Desember.

So daar het julle dit, die avokadoboom se geheime geopenbaar.
Vir verdere navrae kontak ons by 044 620 2565 of kom loer in by Leani Kwekery op die hoek van die ou Mosselbaai pad (R102) en Sorgfo

aDDS

VANDALISME KOS MUNISIPALITEIT MILJOENE

 

 

ase

Vandalisme kos die Munisipaliteit en dus die dorp se belastingbetalers en diensteverbruikers meer as ‘n miljoen rand jaarliks. Die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, doen gevolglik ‘n beroep op die publiek om ook hul oë en ore oop te hou, en die Munisipaliteit te help om die skuldiges aan die pen te laat ry.

In van die jongste voorvalle is padverkeerstekens in Kaapweg voor die Laerskool Park tot op die grond omgebuig, terwyl potplante en vullishouers in Marshstraat omgegooi is. Die pale van die verkeerstekens breek dikwels af as daar gepoog word om dit terug te buig, en dit kos ongeveer R800 elk om te vervang.

Elektriese substasies, munisipale regulasieborde, verkeerstekens, geboue en ander fasiliteite word ook dikwels met graffiti besmeer, terwyl gemeenskapsale gereeld deur vandale beskadig word.

“Ons wil ‘n ernstige beroep op die gemeenskap doen om die Munisipaliteit te help om die skuldiges aan te keer deur hulle by Munisipaliteit of die Polisie te rapporteer as hulle voorvalle van vandalisme, hoe gering ook al, waarneem of weet wie die skuldiges is,” het Raadsdame Ferreira gesê.

“Vandalisme is nie net onsinnig en krimineel nie, maar veroorsaak ook dat geld en energie wat op beter dienslewering bestee kon word, nou bestee moet word om die skade te herstel.

“Dit is ongelukkig moeilik om die kwaaddoeners aan te keer omdat hul aktiwiteite dikwels ook in die nag plaas vind, of mense wat dit sien gebeur dit nie rapporteer of wil rapporteer nie uit vrees vir vergelding. Ons wil nietemin ‘n beroep op die publiek doen om ons te help om hierdie probleem met wortel en te tak uit te roei deur ook as die oë en ore van die Munisipaliteit op te tree,” het die Burgemeester gesê.

Die publiek kan die Munisipaliteit by telefoon (044) 606-5210 kontak met inligting oor vandalisme.

ase ase