BUSINESS FOCUS – Du’val Lifestyle Collections

DU’VAL LIFESTYLE COLLECTIONS

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Du’Val Life Style Collection verskaf onder andere badkamerprodukte, handdoeke en linne aan die Gasvryheidsindustrie, asook aan die Groot-en Kleinhandel industrie en daarmee tesame ‘n eksklusiewe skoonmaakmiddel – HD313 All Purpose Cleaner

Wanneer het u besigheid begin?
2009

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?

Daar was ‘n behoefte in die Gasvryheidsbedryf waar mense regtig persoonlike diens waardeer en benodig en elkeen sy eie stempel kon afdruk sonder om die begroting te laat bars, maar steeds goeie produkte teen billike pryse te kry. Dit het ons die geleentheid gegee om kreatief te kon begin dink en doen en kon ons uit die korporatiewe lewe ontsnap en meer tyd hê om aan ons gesin te spandeer.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Met HD313 All Purpose Cleaner is dit gerig op alles en almal wat iets moet skoonmaak – van die kombuis tot onder in die myn!

Watter produkte/dienste bied u aan?
Eerstens die HD313 All Purpose Cleaner en tweedens die verskillende produkte aan die Gasvryheidsindustrie, Groot-en Kleinhandel.

Watter voordeel het u bo u mededingers?

HD313All Purpose Cleaner doen verseker sy naam gestand – DIT MAAK REGTIG (OMTRENT) ALLES SKOON en is absoluut koste effektief en kry jy waarde vir geld – veral omdat ons almal ons sente moet omdraai om die begrotings te moet laat klop! Hope geld word maandeliks aan ‘n groot verskeidenheid skoonmaak produkte spandeer – nou het jy slegs 1 produk nodig vir al jou skoonmaakbehoeftes –EN DIT WERK BOONOOP!

Die badkamerprodukte vir die hotelle, gaste en lodges, word eksklusief vir Du’Val vervaardig deur ‘n vooraanstaande chemikus in Kaapstad. Baie belangrik is die feit dat ons produkte ‘n kosmetiese basis het en nie soos die meeste ander produkte in die industrie, ‘n industriële basis nie. Dit verseker dat die produkte baie populêre geskenke maak. Ons het ook so pas ‘n Du’Val Kids reeks bekendgestel, asook ‘n Du’Val MAN en Du’Val WOMAN

Persoonlike hoogtepunte/suksesse/prestasies:
Ons produkte word internasionaal gebruik.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?

Bekostigbaarheid en die gebruik van slegs EEN produk as skoonmaakmiddel wat beteken dat HD313 in elke huishouding of besigheid gebruik kan word tesame met hoogstaande kwaliteit!

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat jy nie ten duurste hoef te betaal vir kwaliteit of gerief nie! Dus is die beste nie altyd die duurste nie!.”

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
‘Een skoonmaakmiddel wat vir alles werk, almal kan bekostig en altyd beskikbaar is tesame met vriendelike diens in jul eie gemeenskap.
Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
LOCAL IS LEKKER, BEKOSTIGBAAR EN DIE BESTE! And we are on your door step! •

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *