Redaksie

Hierdie tyd van die jaar begin mense weer in alle erns tuinmaak, rose word gesnoei, grasperke kry spesiale aandag en so gaan dit aan.
Vir die een of ander onverklaarbare rede het almal nuwe energie om dinge aan te pak en gereed te maak vir die laaste deel van die jaar.

Van tuinmaak weet ek nie veel, maar ek weet wat is ‘n mooi tuin en ek weet hoeveel sweet, aandag, tyd, liefde en geld in tuinmaak ingaan.

In ons omgewing is daar ‘n paar “manne/eienaars” wat met soveel liefde en toewyding vroeg oggend al in hulle tuine doenig is.

Daar is niks so mooi om te bewonder as ‘n goed versorgde en goed beplande tuin nie.
Met ‘n maat wie se stokperdjie tuinmaak is is dit absoluut ‘n voorreg om die “Master at Work” in aksie te sien. Ongelooflik hoe hy ‘n stuk droë , dorre aarde in ‘n kunswerk kan omskep.
Soveel navorsing, geduld en dan die soektog en ry na verskillende kwekerye in die omgewing…nee, selfs baie verder, opsoek na wat gaan pas, aard, kleur, hoogte en veel veel meer.
Genade, en dan het ek gedink ek weet iets van tuinmaak.
Ja, ek het dit selfs gewaag om kritiek en kommentaar te lewer…”big mistake”.

Dus, om ‘n lang storie kort te hou, ek haal my hoed af vir al ons Tuiniers se toewyding, want wat ‘n vreugde om rond te ry en ‘n ander se handewerk te bewonder.
Die Engelse gesegde lui mos: “A thing of beauty is a joy forever”.

Tot ‘n volgende keer.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *