BUSINESS FOCUS – Easy Skips

unnamed (2) Easy Skips

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
George en Mosselbaai Easy Skips is ondernemings wat ‘n diens aan die gemeenskap en sakesektor verskaf nl. vervoer van sand, klip, boumateriaal, tuinvullis en herwinningsmateriale.

Wanneer het u besigheid begin?
Die ondernemings het amptelik begin op 21 Mei 2014.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
As gevolg van die sukses wat behaal is in die Weskus.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Op die George en Mosselbaai huisbewoners en sakesektor, veral bouers en vir die kliënt wat klein bouprojekte aanpak.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Ons vervoer sand, klip, bourommel, tuinvullis en herwinningsmateriale.
Ons plaas, U vul, Ons verwyder!.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Ons is bekostigbaar, die skip is klein (2m³), neem min spasie op. Hou die werksperseel skoon, netjies en groen.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Stiptelikheid, voortreflike diens en kliënte tevredenheid is vir George en Mosselbaai Easy Skips eerste prioriteit.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Geen werk is te groot of te klein vir ons nie. George en Mosselbaai Easy Skips pas aan by die kliënt se behoeftes en sal daarvolgens handel.

Die twee ondernemings nl. George en Mosselbaai Easy Skips staan onder die eienaarskap van Faan Truter wat ook die eienaar van die Weskus Easy Skips onderneming is.

Lloyd Calitz van Hartenbos is aangestel as Bestuurder/Bemarker vir die George & Mosselbaai ondernemings. Sy vrou, Alida vorm deel van de span en behartig die Administratiewe sy van die ondernemings..

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *