Business Focus – JJ Pretorius Project Management

Oupa & kids

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
My besigheid, J.J. Pretorius Project Management bou nuwe huise, ons doen aanbouings en ons doen onderhoudswerk op bestaande geboue en huise.

Wanneer het u besigheid begin?
Julie 2000

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Ek was moeg om onder mense te werk wat nie bevoeg is om in posisies te wees om besluite te neem waar hulle nie die besluite kan neem nie.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Tik antwoord hierOp die besigheids gemeenskap sowel as die huiseienaars, meenthuise en woonstelle.

Watter produkte/dienste bied u aan?
J.J.Pretorius Project Management is geregistreer by die NHBRC om nuwe woonhuise te bou sowel as aanbouings. J.J.Pretorius is ook geregistreer by die Raad van Argitektuur om sodoende bouplanne te kan optrek vir die goedkeuring daarvan by die stadsrade.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
J.J.Pretorius is n Timmerman van ambag. Ek het vakleerlinge opgelei by Bifsa Training Collage. Ek was bouinspekteur vir 11 jaar en hoofbouinspekteur vir 5 jaar. Ek is redelik op hoogte van die bouregulasies en die vereistes van die versekering rondom goedgekeurde bouplanne ens. My ondervinding en kennis is van baie belang.

Persoonlike hoogtepunte/suksesse/prestasies
Die feit dat ek vir myself kan werk en vir ander mense n goeie diens kan lewer.

Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Ek kan goeie diens lewer wat baie voordele van besparing en tyd vir diegene inhou wat bouwerk wil doen.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer ……………….”
Ondervinding het my geleer dat eerlikheid die beste manier is om mee besigheid te doen.

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
My besigheid sal die beste diens en raad moontlik aanbied vir die beplanning en die bou van nuwe woonhuise en aanbouings.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Wees altyd nederig en behandel ander met respek. •

JJ PRETORIUS

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *