Category: Interests

Sake met Francois

VERKEERDE BENADERINGS TOT VOORRAAD KAN DIE BESIGHEID SINK!
Dit is alombekend dat die grootste oorsaak van mislukking van besighede te vinde is in kontantvloei probleme eers as in bankrotskap.
Bankrotskap in wese beteken dat die laste van die onderneming die bates oorskry. Kontantvloei probleme egter impliseer meer dikwels dat daar genoeg bates is wat verkoop kan word om die skulde te betaal, maar die verkoop van die bates neem te lank, en die krediteure (skuldeisers) kan nie so lank wag vir hulle geld nie.
Twee aspekte van voorraad lei tot wanopvattings en soms ongeregverdigde vreugde, wat kontantvloei kan benadeel:

UITVERKOOP
Die eerste is die opvatting dat “Uitverkoop” beteken dat die besigheid goed gedoen het. Om sonder voorraad te wees in ‘n spesifieke item, en die “Uitverkoop” bordjie te moet opsit, is nie regtig ‘n wonderlike prestasie nie – dit is eerder ‘n aanduiding dat die onderneming ‘n geleentheid gemis het om nog meer te kapitaliseer op die gewildheid van ‘n produk. Indien daar meer voorraad beskikbaar was, sou die wins wat volg uit hoë verkope soveel meer gewees het.

TE VEEL VOORRAAD
Die alternatief tot bogenoemde wanopvatting is eweneens negatief, en meer dikwels ‘n bedreiging vir die voortbestaan van die besigheid: Ten einde te verseker dat elke klant wat in die besigheid instap, wel dit sal kry waarna hy soek, koop die handelaar genoeg voorraad. Of, alternatiewelik is die afslag wat die groothandelaar aanbied vir grootmaat aankope so aantreklik dat die onderneming genoeg van die item aankoop om hom ‘n jaar lank aan die gang te hou.

EN DIE PROBLEEM IS?
Te veel voorraad maak soveel kontant vas dat die onderneming baie vinnig probleme ondervind om die krediteure te betaal. Dikwels gebeur dit dan dat van die hoë voorraad teen afslagpryse verkoop moet word om kontantvloei aan die gang te hou – wat dan die oorspronklike bedoeling, nl. om ‘n groter winsmarge te realiseer deur teen laer pryse aan te koop, neutraliseer.

HOEVEEL VOORRAAD IS TE VEEL?
Daar is sekere maatstawwe wat gebruik kan word om te bepaal hoeveel voorraad is te veel. Die belangrikste hiervan is die konsep van voorraad omset per jaar, oftewel die aantal kere wat ek my voorraad “draai” in een jaar. Hierdie syfer word bereken deur die jaarlikse omset te deel deur die gemiddelde voorraadvlak deur die jaar. (Gemiddelde voorraad word bepaal deur die formule {(Aanvangsvoorraad + Eindvoorraad)/2}. As voorbeeld:
Begin voorraad = R400
End voorraad = R250
Gemiddelde voorraad = (R400 + R250)/2 = R650
Indien Jaarlikse Omset = R2000, dan is “stock turns” = R2000/R650 = 3.08, wat beteken dat die gemiddelde item vir (12/3) = 4 maande in voorraad is.
Die koste van oortollige voorraadhouding word geskat op ongeveer 2½% per maand, of 30% per jaar – wat in enige situasie geld in die water is.
Voorraad omset in die geval van bv. kruideniersware behoort nie minder nie as 8 keer per jaar te wees, met ‘n ideaal van minstens 12 – 15 keer per jaar. Hou in gedagte dat verskillende omsette vir verskillende produkte geld.

HOE VERHOOG EK DIE TEMPO VAN VOORRAAD OMSET?
Daar is drie maniere om voorraad omset te verhoog:
* Verhoog verkope sonder om die gemiddelde voorraadverskeidenheid te vermeerder
* Verminder voorraadvlakke sonder om verkope te benadeel
* Verhoog verkope en verminder terselfdertyd voorraadvlakke
Hoewel bogenoemde na ‘n hersenskim en onwerklike droom mag lyk, is dit in 99% van gevalle moontlik om voorraad omset te verhoog, en in die proses winsgewendheid van die onderneming, en gevolglik die opbrengs op belegging, dramaties te verbeter.

Kontak gerus Garden Route Business Services vir meer inligting: Francois le Roux – francois@grbs.co.za

Sake met Francois – Wie is my klante?

(Op Afrikaans is die gebruik om “klante” te beskryf as die mense/instansies wat tasbare goedere verbruik, en “kliënte” is diegene wat dienste verbruik.)
In die bemarkingsbeplanningsproses is een van die heel eerste stappe om te bepaal wie is die klante van ‘n onderneming. Die omskrywing van hierdie aanvanklike vae groep entiteite (mense en instansies) is krities vir die suksesvolle beplanning en loodsing van die bemarkingsaktiwiteite. As voorbeeld: Indien my klante eintlik die lae inkomstegroepe is (LSM 1, 2, 3), en my produk is goedkoop items soos vadoeke, waslappe en komberse, dan sal meeste van die geld wat ek spandeer aan reklame in SARIE tydskrif verlore wees. Die oorspronklike identifisering en omskrywing van my teikenmark of klante is noodsaaklik vir die beplanning van al my verdere bemarkingsaktiwiteite.
So wie is eintlik my klante?
Die vervaardiger van kitssop en kitsnoedels wat glo dat sy primêre klante die eindverbruiker is, sal soos baie ander besighede ‘n middelmatige sukses behaal. Die primêre klant in die geval is die kleinhandelaar – want wie is die eerste plek waar my produk land voordat die eindverbruiker dit koop en geniet? Juis die supermark, kafee op die hoek, of die smous. En as ek SY behoeftes kan bevredig, is ek halfpad op pad na die eindstreep toe.
Wat is hierdie klant se behoeftes?
Enige produk of diens moet ‘n behoefte bevredig. Hoe beter die behoeftebevrediging, hoe beter gaan die produk omset wees. En die primêre behoefte van die kleinhandelaar is dat die produk winsgewend moet wees, vinnig van die rakke af verdwyn, en vinnig weer vervang kan word. Geen klein kafeetjie het eindelose kapitaal om in voorraad in te druk nie, en hoe minder kapitaal in voorraad vasgevang word, hoe meer kapitaal is beskikbaar om ‘n groter verskeidenheid items aan te hou, wat op sy beurt meer klante vir die kafee beteken.
Hoe kan die verskaffer voorsien in hierdie behoefte?
Die verskaffer kan verseker dat klante se voorraadvlakke laag is maar nooit totaal leeg nie. Dit kan gedoen word deur meer gereeld af te lewer en in kleiner hoeveelhede af te lewer. Die meer gereelde aflewering in kleiner hoeveelhede sal ook die verskaffer in ‘n posisie plaas om meer klante gelyktydig tevrede te hou; ook die verskaffer sal minder voorraad nodig hê op deurlopende basis. Hierdie voordeel kan deurgetrek word selfs na die vervaardiger toe, wat sy vervaardigingskapasiteit beter kan benut.
Slotsom
‘n Produk kan die beste op die mark wees, maar indien dit nie vir die kleinhandelaar voordeel inhou in terme van omset en wins nie, sal die kleinhandelaar altyd traag bly om dit in voorraad te hou. Identifiseer die klant korrek , en die onderneming se bemarkingsaktiwiteite sal altyd doelgerig en effektief wees.
Vir meer inligting oor bemarkingsbeplannning en die fokus van bemarkingskommunikasie, kontak gerus Francois le Roux van Garden Route Business Services by francois@grbs.co.za

Vasbyt – Hoekom voel ek nie lus om te leer nie?

Jy weet moontlik al teen hierdie tyd watter Beroepsrigting jy oorweeg. Indien jy in Matriek/Graad 12 is, het julle seker al begin met hersiening vir die eindseksamen. Jou uitslae kan bepaal in watter mate jy jou Beroepsrigting gaan bereik. So vir jou kan ek net së Sterkte en Vasbyt!
Die reeks “Dream School” het so pas klaargemaak op SABC 2 en ons het almal gesien daar was verskeie redes waarom hierdie leerders kanse verspeel het, maar gelukkig kon hulle weer ‘n kans kry. Nie een van hierdie leerders was “dom” of akademies nie instaat om matiek te haal nie, maar hulle het skool verlaat oor allerhande probleme soos:
a) Ek haat skool; b) Ek hou nie van die onderwysers nie; c) Onderwysers is almal “simpel”; d) Ek het swanger geraak en nie weer terug gegaan nie; e) Ek het verkeerde maats gehad en saam met hulle skool gemis om verkeerde dinge te doen (My vraag wanneer is hulle die verkeerde maats, kan dit dalk wees dat jy die verkeerde vriend vir hulle is, of dat julle nie goed is vir mekaar nie omdat julle negatiewe gedrag by mekaar verhoog en sodonde verkeerde invloede op mekaar het); f) ek stel meer belang in sport (wat doen jy as jy nie meer sport kan doen nie en jy het nie ‘n goeie basis gebou nie); g) My ouers het so baie baklei en ek wou net uit die huis uit wegkom en nog vele meer.

Soos die program gevorder het, het dit al hoe duideliker geword dat daar baie meer is wat ‘n rol speel, maar die grootste probleem was die leerders se HOUDING (ATTITUDE).

Indien jy nie iets positiefs wil vind nie, gaan jy bly verskonings soek en geen vordering maak in jou skoolwerk of in jou loopbaan (werk) eendag nie. Jy sal altyd ‘n verskoning kry waarom jy nie suksesvol is nie, en dit sal altyd (volgens jou) of die onderysers, maats of jou baas se skuld wees. My eerste vraag aan jou is; Is daar iets wat jy kan verander om akademies beter te doen. Net soos jy nie nou vir jou onderwysers se beswil jou studiewerk doen nie, maar vir jouself (jy is die een wat matriek moet slaag, die ondrwysers het dit klaar vermag), gaan jy eendag vir jouself ‘n werk verrig. Besluit om vandag in jouself te glo en iets positiefs uit elke klas saam te neem huistoe en jy gaan verras wees hoe jy geleidelik in jou werk verbeter.
Vir leerders van Graad 11 en laer is dit nog nie te laat om daaraan te werk om julle punte te verbeter nie. Vanaf graad 10 raak dit krities belangrik dat jy nie net op jou geheue staatmaak nie, maar al jou vakke moet verstaan sodat jy die werk op ander probleme in di edaaglikse lewe kan toepas. Menige leerders het al hul vingers verbrand omdat hulle nie gestudeer het en tyd aan hulle akademie bestee het toe dit nodig was nie. Jy het nog tyd om daaraan aandag te gee, om aan jou eie houding te werk en uit te vind WAT jy kan verbeter en HOE jy dit kan verbeter.
Waarom presteer ons nie so goed soos ons behoort te doen nie, daar kan verskeie redes wees:
a) Ek het nie ‘n studietegniek wat ek toepas nie. Selfs Wiskunde moet geleer word – dink net al die reëls wat mens moet toepas in Wiskunde). Gaan na jou LO Opvoeder hulle kan jou help of besoek ander persone wat Studie vaardigheidsklasse aanbied.
b) Ek beplan nie goed genoeg nie en het hulp nodig om my tyd beter te beplan.
c) Ek het ‘n baie vol buitemuurse program en kom nie by my akademiese werk uit nie.
d) Ek vermors tyd op allerhande nietighede soos bv. ‘n TV rogram wat ek net MOET sien
As jou probleem b);c); en of d) is, moet jy beter beplan en vir jouself ‘n tydraamwerk opstel wat jy kan volg. Baie volwassenes doen deesdae ekstra kursusse om te leer hoe om hulle tyd beter te beplan of bestuur.
e) Ek stel uit want ek dink nie ek is in staat om die werk te doen nie. Kry ekstra hulp by iemand wat uitstekend met die vak is en kyk of jy nie jou punte in daardie vak kan verbeter nie. Niemand verwag 100% van jou nie, maar elke 5% wat jy beter doen in ‘n vak is ‘n verbetering in die regte rigting.
f) ‘n Groot verskoning baie keer is my ouers glo ek kan dit nie doen nie. Dit kan wees omdat jou ouers baie keer jou werk uit jou hande neem en die werk vir jou doen (skoolwerk of take by die huis), terwyl hulle sê “gee ek doen dit gou vir jou dan kan jy jou boek lees (of watter rede ookal), op die manier kry jy die boodskap dat jou ouers dink jy is nie instaat om dit self te doen nie. Wat gaan jy hieraan doen? Of iets soos ‘n ouer wat sê “ek was nooit goed in Wiskunde nie, daarom sal jy ook sukkel”, dit mag dalk wees dat iemand anders in jou groter familie beter daarmee was en jy eintlik daardie “Wiskunde” gene van daardie persoon geëerf het, nou kruip julle agter daardie verskoning weg en so benadeel jy jouself.
g) Ek weet nie wat ek moet doen nie, want die kinders lawaai te veel in die klas. Gaan vra die onderwyser na klas wat hy/sy verwag.
h) Ek wil nie die huiswerk doen nie, soms die verskoning as ek onseker is oor hoe om dit te doen. Ek het self na baie trane uitgevind dat as ek eers self probeer en bietjie terug gaan na die vorige werk en alles stap-vir-stap vir myself verduidelik, begin ek die werk regkry en soms selfs geniet. Glo in jouself.
i) Ek gee nie om of die werk gedoen word nie, ek voel nie in die bui om dit te doen nie. Gaan praat asb met jou LO onderwyser of enige ander volwassene wat jy voel jy kan vertrou.
j) Ek werk beter onder druk en stel daarom uit tot op die laaste. Indien ek al my voorbereiding elke week bietjie vir bietjie doen is dit makliker teen die einde wanneer ek net alles moet uitsorteer en bymekaar moet sit.
k) Ek voel nie reg om te begin nie, my gemoed voel nog nie reg vir hierdie stuk werk nie. Gaan sit net op dieselfde plek elke dag dieselfde tyd en haal die boeke uit, begin hier en daar lees in die boeke en na ‘n rukkie sal jy uitvind dat jy meer begeesterd is om meer te weet.

Jy kan hulp kry by die skrywer van hierdie artikel Sien advertensie hierby vir kontakbesonderhede.
Indien julle enige vrae het wat julle voel julle wil hê dat ek hier moet behandel kan julle vir my vrae stuur sodat ek daaroor kan skryf. Indien daar geen vrae is nie sal ons sal met die volgende uitgawe kyk na hoe om te beplan vir jou studies. •

Musings of – Ek het ook ‘n Pa

By Jacques Valjean

Ek het ook ‘n Pa….
Ek het haar al baie keer gesien in die kerk – ʼn lid van die groepie wat in die tehuis woon, as’t ware beskermde arbeid doen en miskien as die uitvalle van die samelewing beskou word. Almal van hulle is duidelik gestremd op een of ander manier: Verstandelik ver onder gemiddeld, almal van hulle, met sommige wat nog ander opvallende fisiese gebreke het – mank, verwronge skedels, knip-knip ogies wat op skrefies vir die wêreld loer.
Sy is die een met knipogies, baie kort kapsel, en altyd aan die glimlag.

Ek is die dag vroeg-vroeg by die kerk om voor te berei vir die voorsang. Oudergewoonte my Bybel op my plek gaan sit, tweede bank van voor af. Toe ek na die oefening vir voorsang by my plek terugkom, vind ek haar styf teenaan my Bybel, met Val se goed aan die ander kant, op die punt van die bank teen die paadjie. Val (die mees begaafde van die groep) stel my voor aan die enetjie wat langs my Bybel sit. Die gee so ewe hand, en ek voel die hand is vuurwarm, selfs op die koue wintersoggend.

Gewoonlik sou ek uitgeskuif het ander sitplek toe om die mense kans te gee om bymekaar te sit. Vanoggend, om een of ander rede, trek ek dwars teen my intuïsie en besluit om tussen die klompie te bly sit.

Dit is Moedersdag en sy sit met ʼn kaartjie in die hand, wat sy by die deur gekry het; ek dink by myself sy kan nie ʼn Ma wees nie…. Sy sien ek kyk die kaartjie, en sy sê prontuit “ek het ook ʼn pa, maar hy wil niks met my te doen hê nie. Ek is 35, en hy weier om met my te praat”.
My hele dag is omgekeer. Sy sit styf onder my vlerk ingeskuif die hele diens deur. Met die slotsang vat ek haar hand styf in myne, hou dit tot na die seën. Vuurwarm hand.

Ek kry haar weer by die koffie in die saal na kerk. “Onthou, elke keer as jy my sien, mag jy na my toe stap en my kom druk soos jy jou eie pa sal wil druk, en jy kan vir my vertel alles wat jy vir jou pa sal wil vertel, ok?”
Die knip-knip ogies raak nog meer skrefie soos sy glimlag, en die mond hand skoon oop van lekker.

Sy het ʼn pa bygekry…. •

VASBYT – Te veel beroepe, hoe kies ek?

Ons het reeds genoem dat dit belangrik is om meer van beroep uit te vind voordat jy besluit wat jy wil studeer. Ons voel meestal verward as ons na die Biblioteek gaan en begin kyk na beroepe, daar is letterlik duisende beroepe. Daarom praat ons eerder van beroepsvelde, want beroepe kan elkeen in groepe verdeel word waarin hulle elk snus hul eie nessie vind.
Daar sal altyd die uitsonderings wees, net soos mense omdat ons elkeen uniek is. So kan jy beroepe kry wat oor meer as een beroepsveld strek, maar die grootste deel van daardie beroepe vind sy nis binne een van die spesifieke beroepsvelde. Ek dink nou byvoorbeeld hier aan ‘n beroepsveld wat ons almal ken, nl onderwys of soos dit deesdae genoem word opvoedkunde.
Baie studente glo dat hulle eers die Educare by ‘n FET Kollege kan doen en dan daarna na die Universiteit kan gaan om n Nagraadse Diploma in Gronslagfase te studeer. Let asseblief daarna op dat baie Universiteite dit nie so aanvaar nie, want jy moet ‘n volle Senior Sertifikaat kwalifikasie met Universeitstoelating hê om die volgende kursus op Universiteit te doen.
Verder in die Opvoedkunde of Onderwys kry ons dan ook spesialisrigtings, soos byvoorbeeld jou Remediërenede Onderwysers, wat na hulle eerste BEd graad verder studeer om leerders te kan help met spesifieke probleme
Opvoedkundige Sielkundiges val ook onder Opvoedkunde en word aanbeveel om seker te maak dat hulle in hulle BEd kwalifikasie Sielkunde as een van hulle hoofvakke neem. Hulle kan ook bv ‘n BA of ander kwalifikasie neem, maar dan moet hulle Sielkunde en nog ander vakke wat hulle op skool vir die leerders kan aanbied neem. Daarna moet hulle 60% in Sielkunde behaal om dan daarna ‘n Honneurs in Voorligting Sielkunde te doen en daarna aansoek doen vir keuring om ‘n Meestersgraad in Opvoedkundige Sielkunde te studeer. Let daarna op dat Sielkunde studente baie statistiek in hulle kursus doen en baie universiteite verkies dat ‘n student Wiskunde en NIE Wiskundige Geletterdheid neem op skool nie. Sonder Wiskunde kan jy baie sukkel in jou kursus.
Senior-en FET Opvoeders spesialiseer almal in die vakgebied wat hulle vir leerders vanaf graad 1- to graad 12 aanbied. So moet ‘n Wiskunde Onderwyser dus ‘n ekspert wees in Wiskunde en sal sy/haar kursus Wiskundige vakke insluit.
Sodra hierdie onderwysers/opvoeders meer beweeg na vlakke waar hulle in Bestuur gebruik word soos Skoolhoofde, Vakadviseers en Direkteure van Opvoedkunde, ens., moet hule begin om ekstra kursusse te doen wat in Bestuur spesialiseer. Hierdie kursusse word gewoonlik deur die Departement van Onderwys aangebied.
Ons het nou gekyk na die ‘n paar van die kursusse wat in die Opvoedkundige rigtings studeer kan word. Hierdie kursusse help jou nou om in die beroepsveld van Opvoedkunde ‘n sekere pos te beklee. As voorbeeld: as jy ‘n pos beklee is jy eers in ‘n Beroep binne die Opvoedkunde nl. ‘n Graad R Opvoeder. Hierdie beroep van jou het sekere basiese dinge wat van jou as Graad R opvoeder verwag word, maar daar is sekere pligte wat jy ook doen wat verskil van skool tot skool, hierdie is dus jou werk. Dit is met ander woorde die take wat jy elke dag doen om doeltreffend in jou pos as Graad R Opvoeder by een of ander skool te wees.
Soos julle nou kan sien word daar verwys na verskillende aspekte: In die Beroepsveld Opvoedkunde is jou Beroep ‘n Opvoeder/Onderwyser en jou Pos is dan die benaming van jou pos by ‘n spesifieke skool is (soos Senior Graad R Opvoeder) en dan het jy sekere pligte wat daaraan verbonde is.
Voordat jy dus besluit om ‘n opvoedkundige te word, is dit belngrik om eers ‘n studie te doen van die werk/ pligte wat mense in die spesifieke beroep het en seker te maak of dit regtig is waarin jy belangstel en of jy byvoorbeeld die heeldag met kinders op graad R vlak sal kan werk – sal dit by jou persoonlikheid pas.
Indien jy meer navosring oor beroepe wil doen kan jy op internet na O-Net of PACE se webwerwe gaa. Hier vind jy nie net ‘n ontleding van die beroepe nie, maar ook ‘n uiteensetting van wat jou aanleg, belangstelling en persoonlikheid moet wees om hierdie beroepe te beoefen.
Indien jy steeds probleme ondervind nadat jy ‘n intensiewe studie van die beroep gemaak het en moontlik ook vir ‘n week lank personeellede kon “shadow”, kan jy enige tyd ‘n Professionele persoon kontak om leiding in die verband te gee. Hulle maak gewoonlik aanbevelings nadat hulle met jou in gesprek getree het na die evaluerings – so ‘n gesprek kan ongeveer een uur lank wees.
Jy kan hulp kry by die skrywer van hierdie artikel Sien advertensie hierby vir kontakbesonderhede.
Indien julle enige vrae het wat julle voel julle wil hê dat ek dit hier moet behandel kan julle vir my vrae stuur sodat ek daaroor kan skryf. Indien daar geen vrae is nie sal ons sal met die volgende uitgawe kyk na hoe jy kan studeer sodat jy nie onderpresteer nie.

OIL RECYCLING

Members of the public and informal businesses are encouraged to make use of the Enviro Centre facility at the municipal transfer station at Sonskynvallei to dispose of used motor oils and filters safely and free of charge.

The transfer station is situated at Sonskynvallei on the corner of Mandela and Gumpiro Streets in Sonskynvallei just off the R102 road to Oudtshoorn.

The used motor oils and filters can be disposed of there during normal operating hours from 07:30 to 19:00. There will be no cost to the public to dispose of used oil and filters.

However, the disposal of contaminated rags or waste or mixed fluids is not allowed at the Enviro Centre.

The improper or illegal disposal of used oil has a significant detrimental effect of the environment. Just one litre of used oil can contaminate one million litres of drinking water for humans and animals.

Enquiries in this regard can be addressed to the Municipality’s Waste Manager at (044) 606-5143.

ORKESTE SLUIT JEUGMAAND AF

Die Jeugmaandvieringe van die Mosselbaaise Munisipaliteit is op Sondag, 29 Junie 2014, afgesluit met ‘n kerkdiens in Groot Brakrivier waartydens verskillende Mosselbaaise blaasorkeste opgetree het.
Die kerkdiens is deur die Munisipaliteit en die orkeste geïnisieer. Die orkeste wat ook aan optogte die oggend en die middag deelgeneem het, was die VGK Boys Brigade, Star of Bethlehem, UCC Boys Brigade en die Aldiachique Orkes.
Die diens is in die United Congregational-kerk te Groot Brakrivier gehou, en altesame 130 orkeslede het aan die diens en die optogte deelgeneem.
Die orkeste speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van jeugdiges, en is een van die maniere wat gebruik word om jeugdiges uit die straat te hou en by aktiwiteite betrokke te kry. Ouers en kinders wat wil deelneem aan die orkeste word aangemoedig om met die plaaslike kerke en orkesleiers kontak te maak.

Aanstelling van werknemers op proeftydperk – Deel 2

In die vorige aflewering is kortliks gekyk na die gebruik van die proeftydperk om werknemers se geskiktheid vir ‘n spesifieke pos te bepaal ten tyde van aanstelling.
Om te verseker dat die proeftydperk op aanvaarbare wyse hanteer word, moet die volgende vereistes vir billike ontslag vir onvermoë om te presteer gedurende die proeftydperk moet in ag geneem word:
Die duur van die proeftydperk moet in ooreenstemming wees met die kompleksiteit van die werk
Eenvoudig gestel kan mens nie ‘n drie maande proeftydperk wil afdwing vir ‘n skoonmaker nie. Die vaardighede wat vir skoonmaakwerk vereis word, is doodeenvoudig nie so kompleks dat dit drie maande kan neem om te bepaal of ‘n skoonmaker wel die werk kan doen nie.
Aan die ander kant is dit heel waarskynlik onmoontlik om binne ‘n maand te bepaal of ‘n rekenmeester die werk kan doen waarvoor sy aangestel is. In gevalle waar ‘n ontslag wat verband hou met proeftydperk, as dispuut na die CCMA verwys word, sal ‘n te lang proeftydperk heel waarskynlik daartoe lei dat die werknemer se ontslag as onbillik geag sal word.
Die standaarde waaraan voldoen moet word, moet duidelik en bekend wees
Dit is in belang van beide die werkgewer en die nuwe werknemer dat die standaarde waaraan die werknemer se werkverrigting gemeet sal word, so duidelik as moontlik uitgespel sal word. Uiteraard is sekere maatstawwe, soos om betyds te wees vir werk, en om elke dag vir werk aan te meld, gegewe vereistes wat nie uitgespel hoef te word nie. Wat wel duidelik gemaak moet word, is byvoorbeeld die vereiste dat telefoonoproepe voor die vierde lui beantwoord moet word, minstens vier afsprake per dag gereël moet word, of dat afwesigheid van ondergeskiktes beperk moet word tot 5% van totale mandae.
Waar afwykings voorkom wat nie in die oorspronklike standaarde gestel is nie, kan dit in die terugvoer aan die werknemer deurgegee word, soos byvoorbeeld dat sy manier van kommunikeer met ondersgeskiktes of klante nie aanvaarbaar is nie.
Terugvoer aan die werknemer moet gereeld en korrek wees
Ten einde die werknemer sover te kry om sy werkverrigting te verbeter, is dit noodsaaklik dat terugvoer betyds en in detail gegee sal word. In gevalle waar ‘n proeftydperk van een maand geld, is dit in belang van die partye dat weeklikse terugvoer gegee sal word. Langer proeftydperke soos drie maande, sal ‘n maandelikse terugvoer sessie vereis. Hoe meer gereeld die terugvoer, en hoe gouer na die waargenome afwykings, hoe makliker sal regstelling kan plaasvind.
Terugvoer behoort skriftelik gegee te word, en die werknemer moet ontvangs erken van die terugvoer.
Leiding moet gegee word om gebrekkige werkverrigting te korrigeer
Die werwingsproses is nooit goedkoop nie, en die geld wat spandeer is om die nuwe personeel te werf, sal gemors word as die werknemer nie die mas opkom nie en die pos weer van vooraf gevul moet word. Dit is gevolglik in belang van alle partye dat alle redelike pogings aangewend sal word om die werkverrigting, wat nie aan standaarde voldoen nie, te verbeter.
Duidelike aanduiding van die verbetering wat vereis word, behoort in die skriftelike terugvoer sessies gegee te word. ‘n Werknemer wat byvoorbeeld twee keer laat was binne die eerste twee weke, sal in kennis gestel word dat van haar verwag word om teen 5 minute voor oopmaaktyd op haar pos te wees. ‘n Tikster wat te veel spelfoute laat deurgaan, sal hoor dat sy die speltoetser moet gebruik en dat slegs twee foute per 10 bladsye, aanvaarbaar sal wees.
Billike geleentheid om te verbeter moet gegee word
Tensy daar baie duidelik ‘n totale onvermoë by die werknemer is om te verbeter, moet die werknemer geleentheid gegee word om te verbeter. In die bostaande geval van spelfoute, behoort sy te hoor dat sy binne die volgende 5 dokumente weer getoets sal word, en dat, indien daar nie genoegsame verbetering is nie, dit ernstige gevaar vir haar voortgesette diens bestaan.
Die werknemer moet in kennis gestel word dat die gevaarligte flikker
In die terugvoer sessies moet die duidelik uitgespel word wanneer die werkverrigting sodanig is dat dit heel waarskynlik gaan lei tot sy diensbeëindiging indien dit nie verbeter nie. Enkele situasies is eenvoudig die gevolg van onbekendheid met ‘n nuwe werk se kultuur, en behoort nie finale waarskuwings te kry nie; ander situasies hou soveel negatiewe potensiële gevolge vir die maatskappy in dat, indien dit herhaal sou word, die onderneming skade sal berokken, in welke geval die werknemer baie ernstig aangespreek sal moet word.
Werknemers behoort nie verras te wees indien ontslag volg nie
Historiese praktyke het bestaan waar die werknemer op die laaste dag van die proeftydperk eenvoudig ingelig word dat hy die proeftydperk nie geslaag het nie, en dat hy nie die volgende dag moet terugkom nie. Hierdie is ‘n totaal onbillike praktyk, en die statutêre liggame se wernkbroue sal hoog lig indien dit die geval sou wees.
Die regte van die werknemer in geval van ontslag op grond van swak werkverrigting gedurende die proeftydperk
In die geval van ontslag omdat die proeftydperk nie geslaag is nie, is die werknemer steeds geregtig om die CCMA te nader met ‘n dispuut. • Francois Le Roux – GRBS 083 321 7120

FINANCE – 10 Ways to Market Your Small Business on a Shoe string Budget

Famed author Mark Twain once said, “Many a small thing has been made large by the right kind of advertising.”

But advertising can be expensive, and in a tight economy, many small businesses cut their marketing budgets first because of cash flow concerns. However, when times are tough, it’s even more important to keep your business brand front and centre.

During an economic downturn, clients, customers, and consumers have less money to spend. This means that when they’re ready to buy, you want your brand to be at the top of their list. Social media is undoubtedly one of the most effective and affordable ways to engage your customers and keep your brand top-of-mind, but it’s not the only way. Here are ten tried and true marketing strategies that can help you market your business on a shoestring budget.

1. Craft an elevator pitch
You should be marketing all the time — wherever you are. Therefore, you need a compelling elevator pitch. Research shows the average attention span of an adult is about 6 to 8 seconds. That’s all the time you have to grab someone’s attention. If you successfully engage them, then you only have a little over a minute to really sell them on your product or service. Invest the time to craft a killer elevator pitch. The return on your investment will pay huge dividends in terms of creating business opportunities.

2. Leverage your community
You don’t have to think big when it comes to your marketing efforts. Think locally. What’s going on in your community? Sponsor a Little League team or a 5km charity walk/run. Print bookmarks and leave them at the local library. Get to know your ideal customer and think about how and where they spend their time. Then search for opportunities to get in front of your customer with your marketing message.

3. Collaborate
Put together a group of synergistic, non-competitive businesses in your area and agree to cross-promote. You can use coupons, fliers, reciprocal website links, bundled promotions or social media platforms.(Okay, I had to add a little bit of social media to the mix.) By collaborating with each other, you can expand your customer base because you’ll be reaching new people.

4. Network
I’m a huge fan of networking. I don’t think there is any better way to build a business than to get out there, shake some hands, and get to know people. Networking requires a time commitment and it doesn’t provide instant gratification, but a strong network is one of the greatest assets any business person can have.

5. Give a speech
A lot of people hate public speaking. However, there are many organizations looking for qualified, subject-matter experts who can present to their groups. Take a deep breath and volunteer. You don’t have to be a pro as long as the information you share is helpful to the audience. And the upside — the more you do it the easier it gets. Plus, it positions you as a credible authority in your field.

6. Create buzz
I started my corporate career in the field of public relations and the business has changed significantly because of technology. Today, a small business owner can accomplish a lot without hiring a professional firm. Subscribe to Help a Reporter Out www.helpareporter.com. You can respond to reporters’ queries that are looking for story ideas and resources. Some are small media opportunities, but others are major media outlets that use this service too.

7. Ask for referrals
Don’t be shy about asking for customer referrals. The majority of people say they are willing to provide a referral if asked, but very few take the initiative to do it on their own. Referrals make it easier to get in the door with new customers. If you aren’t asking for them, you are missing opportunities.

8. Build relationships
It is a lot less expensive to keep a customer than it is to get a new one. That’s why establishing strong relationships with your customer base is crucial. One of the ways you can do that is by launching an email campaign. Make your communications informative and helpful — something your customers will look forward to receiving. Social media campaigns are another way to keep the communication channel open (and there I go again.)

9. Offer coupons
Coupons are a good way for many businesses to attract new customers. Research shows that people will go out of their way to use a coupon, proving that this method is successful in expanding your customer base. Coupons can also generate return visits. For example, if you give a customer a coupon for a discount to use on future business, there’s a high probability they’ll be back.

10. Give it away
If someone has the opportunity to experience your product or service, chances are they will want to purchase more. Don’t be afraid to give someone a free trial or a sample. In today’s economy, people are more comfortable purchasing something they have been able to experience first.
These ten, inexpensive marketing strategies will help you engage customers, build relationships, and ultimately keep your brand top-of-mind. It’s not always about the money you have to spend on marketing, it’s about the time and effort you put into it and above all, the relevance it has for your customers.

• (Susan Solovic is THE Small Business Expert. )
Thys Nothnagel – Diaz Consulting
072 390 8764

FINANCE


Reserve Bank requirements on Home Loan application – Excon approvals – Non Resident deals:

The bank is required to adhere to Exchange Control Regulations as imposed by the Reserve Bank requirements. In order to meet the Reserve Bank’s Exchange Control requirements, and to consider the application to purchase property in South Africa, please note the following:
• The customer will be required to finance and invest 50% of the purchase value of the property upfront.
• This 50% deposit must originate from foreign funds transferred to South Africa.
• Proof will be required reflecting the deposit was transferred to South Africa, from foreign origin. (Proof of swift is required*).
• Details of the Attorney’s account will be required where 50% deposit is retained, or will be retained.
• Proof of the deposit made to the Attorney’s account is required in the form of a bank statement, and must accompany the application to Exchange Control.
• A confirmation letter from the attorney stating the purpose and amount of funds retained in their account. The confirmation letter must also state property description for the property being purchased.
• Details of banking account where payments for the home loan will be made from.

Kindly note that a fee of R1 140.00 is payable by the customer to the Reserve Bank to process the Exchange Control application in the event that the home loan application is approved by FNB. •

*SWIFT code is a standard format of unique identification code for a particular bank used when transferring money between banks, particularly for international transfers.

• Thys Nothnagel- Diaz Consulting

ADS 3