Category: Onder die Vergrootglas

SPYING EYE

Na ‘n tyd van afwesigheid gaan eet ek weer by Mug and Bean in Mosselbaai en wat ‘n heerlike verrassing begroet my!  Die tafeltjies staan nie meer ongeorganiseerd rond nie. Kelners stamp nie meer aan tafels om te bedien nie.  Alles is beter georden, die diens is puik..

Onder die Vergrootglas | 13 September

Die naweek van die GrootBrak Muse kom al hoe vinniger nader.

Die ryk skatkis van kultuur wat opgesluit le in GrootBrak, sidder in afwagting om ontdek te word. Almal is opgewonde en in afwagting!! Oral is kaartjies te koop.

Moet dit asseblief nie misloop nie, jy gaan ‘n hele jaar spyt wees!!!
Die program is beskikbaar in die Mossview op bladsy 3

Die kaartjies verkoop soos soetkoek, so spring asb en gaan koop dadelik joune om teleurstelling te voorkom.

Loeloe •

MUSE

 

Onder die Vergrootglas 30 Augustus 2013

Ons is steeds besig met Groot Brakrivier!

Almal is in rep en roer vir die Muse fees wat hier plaasvind oor die naweek van 25 tot 29 Sept 2013.

‘n Skatkis van kultuurbedrywighede word beplan met bekende name soos ander andere Nic de Jager, Randal Wicomb en vele meer besoekende kunstenaars. Dan praat ons nog nie eers van die bekende kunstenaars wat hier woonagtig is nie. ‘n Egte Afrika aand en ‘n Gedigte aand is maar twee van die groot lekkertes wat die fees inhou.

Volgende keer sluit ek vir julle die volledige program in asook baie meer inligting rondom die ontstaan en oogmerke van die fees.
Vir alle kultuurliefhebbers is dit natuurlik ‘n naweek om na uit te sien! Vir almal wat lief is vir mense is dit verseker ‘n naweek om glad nie mis te loop nie! Vir alle Nie-kultuurliefhebbers is dit absoluut lewensnoodsaaklik om dit te beleef want jy sal dit nooit weer wil misloop as jy eers besef wat jy nog altyd misgeloop het nie!

Onder die Vergrootglas – Grootbrak Restaurante – Tafeltjie Dek

Tafeltjie Dek het sowat 6 jaar gelede sy ontstaan gehad in Groot Brakrivier. Sonder pretensie, sonder fieterjasies, net ‘n lekker, gesellige eetplekkie.

HOEKOM juis TAFELTJIE DEK?
Tafeltjie Dek is in Nederland ‘n beweging wat etes ook aan siekes en armes voorsien, en dis presies wat Tafeltjie Dek in GrootBrak se leuse is. HIER STAP NIEMAND UIT MET “N LEE MAAG NIE!

Die eineaars, Johan en Julia van der Merwe, loop ‘n lang pad met kosmaak. Bekende name soos “Suiderkruis Seekos,” Bottelierskop restaurant,” “TV Dimensions-Sunshinetours for gholfers,” het almal langs die pad deur hulle hande gegaan. Johan en Julia vul mekaar perfek aan in die bedryf. Die een tree gemaklik terug sodat die ander die leiding kan neem op sy spesialis-gebied. Tans doen Johan die gebak vir die restaurant terwyl Julia die bestuur, en natuurlik lekker gesels, behartig.
Tafeltjie Dek se fokus is nie net op seisoentyd nie. Vir hulle is dit heeljaar seisoentyd. Lokale mense hou hulle deure oop, sê Julia. Hier kry jy nie vasgestelde pryse op spyseniering vir funksies nie. As jy ‘n geleentheid wil vier, kan jy maar sê vir hoeveel jy begroot het, hulle sal die spyskaart aanpas. Geen moeite word ontsien om die kliënt tegemoet te kom nie. En as jy die funksie op ‘n ander terrein of “venue” wil hou is dit ook reg – hulle bring die kos na jou toe!

Tafeltjie Dek is baie bekend vir sy spesiale “Afval- en seekosaande. Jy moet maar wakker wees en betyds jou bespreking doen as jy nie teleurgesteld voor ‘n vol restaurant wil omdraai nie. Die watertand-lekker gevulde pannekoeke is ook glad nie te versmaai nie! Voeg daarby elke dag se “Dis van die Dag,” en jy kan maklik vir ‘n week lank elke dag al jou etes hier kom eet sonder om dieselfde gereg twee keer te herhaal! Saterdagoggende veras Carrie en Trudie gaste op nostalgiese musiek tydens die “Lovesongs for Lovers” sessie van nege tot halfeen.
Getroue, lojale personeel werk al die afgelope 6 jaar vir Julia. Hul vriendelike, gasvrye bediening dra dan ook by tot die sukses van die restaurant. Die feit dat Tafeltjie Dek rolstoel- en troeteldiervriendelik is, is ‘n groot pluspunt. Die pragtige tuin bied ook genoeg veilige speelplek vir kinders sodat ouers rustig kan eet en steeds ‘n wakende ogie hou.

Julia leef haar passie om die gemeenskap te dien uit in Tafeltjie Dek. Sy skroom nie om haar afhanklikheid van haar Skepper te erken nie! Sy ploeg terug in die gemeenskap deur haar tuisverpleging. Haar humor is aansteeklik! Sy is ‘n baie goeie luisteraar en niemand is vir haar te onbelangrik om by stil te staan nie!

Stap jy by Tafeltjie Dek uit, is dit nie met net ‘n “versadigde liggaam” nie, maar ook met ‘n “vervulde gees” en Julia se woorde: “Ek glo aan saai…..”

• Loeloe