DANABAAI PRETREN

Kom deel in die pret !!!
Die NG Kerk Danabaai reël die PRETREN en nooi alle motoriste om op Saterdag, 6 Junie te kom deelneem.

Daar gaan nie gejaag word nie. Die regte rigting, korrekte besluite en spoed sal verseker dat jy by die verpligte kontrolepunte, soos aangewys, aandoen.
Die roete van 50 tot 70 km loop deur landelike gebiede met bepaalde instruksies wat gevolg moet word.
Die bestuurder met die meeste punte wen en groot pryse is op die spel.
Pryse word die aand oorhandig.

By die Gemeenskapsaal in Danabaai gaan daar in die biertent gekuier word en die Super 12 rugby sal op die grootskerm TV gevolg kan word.
Giovanni sal as gaskunstenaar musiek maak en sing.
Deur die dag sal daar boereworsrolletjies te koop wees en die aand, ‘n braai-ete met ‘n dans.

Die ingeskrewe voertuie vertrek om 13:00 vanaf die Danabaai Gemeenskapsaal.
Inskrywings kos: R120.00, wat ‘n ete, kuier- en danskaartjie vir die bestuurder insluit.
Kuier in die biertent en rugby op die grootskerm kos: R40.00
Braai-ete die aand, kuier en dans kos: R60.00

Kaartjies en inskrywings beskikbaar by:
NG Kerkkantoor: (044) 698 1977
Japie Krige Eiendomme: (044) 698 1966
Willie Erasmus: (044) 698 1077
Willem Knoetze: 082 408 6769

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *