DIAZ HOTEL

 

 

DIAZ HOTEL

logo

 

 

KOK SE KEUSE – Gekruide Perske Blatjang

spicedpeachchutney

 

Gebruik halfryp taaipitperskes vir hierdie resep. Dit lewer ‘n smaaklike, veelsydige blatjang wat redelik vinnig en maklik is om te maak.
Lewer +- 2.5kg

1.5kg ferm, halfryp perskes
2 groot uie, geskil en gekap
4 t (20ml) fyngedrukte knoffel
1 e (15ml) gerasperde vars gemmer
1 t (5ml) geel mosterdsaad
3 klein rooi brandrissies, gekap
500 g gemengde droëvrugte (appels,appelkose, nektariens, mango’s en pere, maar nie pruimedante nie)
1 Liter witwyn of appelasyn
675 g bruinsuiker

1. Bedek die perskes met kookwater en laat dit vir 15 – 20 minute staan tot die skille loskom. Skil die perskes, sny hulle middeldeur en verwyder die pitte. Kap in kleinerige stukke.

2. Bring al die bestandele tot kookpunt in ‘n groot kastrol, roer voortdurend tot die suiker opgelos is.

3. Verlaag die hitte en kook vir sowat 35 – 40 minute tot verdik. Roer dikwels om te verhoed dat dit aanbrand.

4. Giet dit in gesteriliseerde glasfesse, verseël met gesteriliseerde deksels en bere dit tot twee weke lank op ‘n koel, donker plek voor gebruik.
Dit hou tot ‘n jaar lank as dit oopgemaak bly.

Kok se keuse resep van die week is trots verskaf deur die Diaz Strand Hotel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *