DIE ‘ONS GEE OM’ TOER

Die ONS GEE OM Toergroep bestaan uit 4 Kaapse sangers, die gewilde country sanger Pieter Mohr, onlangs Ghoema wenner Rooies en die nuwelinge KayCee en Denise Carstens.

Saam vat hulle die pad van Weskus tot Suid Kaap. Die doel van die Toer is om Senior Burgers deur die dag by tehuise te besoek en vir hul gratis vertonings te doen en die aand dan ‘n groot vertoning vir die plaaslike gemeenskap.

Die Toer het op Vrouedag, 9 Augustus begin en 19 Augustus in Hartenbos en Mosselbaai geĆ«indig.. Die Toergroep sangers se hoogtepunt is om te wys hulle GEE OM en Senior Burgers se gesigte te sien ophelder met ‘n lekker kuier en ‘n vertoning.

So het hulle dan Saterdag by die Hartenbos Versorgingsoord gekuier en ‘n vertoning gelewer. Wat ‘n fees was dit nie !!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *