Bestandele
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Metode
Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips.
Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.