GALA KONSERT OP HARTENBOS

Altesame 12 000 mense het op 30 Desember saamgetrek vir Hartenbos in Afrikaans, die gala konsert van die In Afrikaans konsertreeks op dié gewilde kusdorp.

Vir die eerste keer in die geskiedenis was die Hartenbos-amfiteater uitverkoop. Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman het die rekordskare gaande gehad met hul treffers.

Die In Afrikaans konsertreeks het vakansiegangers bederf met aanbiedings vanuit die boonste rakke – en nie een produksie is oorgesien nie. Diegene wat van die konserte bygewoon het, kan steeds nie uitgepraat raak oor die ongelooflike dinamika van ons land se top-kunstenaars saam op een verhoog nie.

Karen Zoid was veral opgewonde oor haar eerste optrede met Refenste, wat sy ‘n uiters accomplished sanger noem. “Ek is mal oor sy stem en sy selfvertroue,” het sy in ‘n onderhoud gesê.

Volgens Elvis Blue was dit die tipe ding waarvan jy droom as jy ‘n laaitie is – ‘n lieflike plek en boonop 12 000 mense wat jou aanmoedig.

Nog ‘n bekende besoeker was Zelda le Grange, voormalige persoonlike assistent van pres. Nelson Mandela. “Mens kan die passie van die mense sien – dis Hartenbos, die Kaap en Afrikaans op sy beste!” het sy gesê.

Volgens Jacomien de Villiers, organiseerder van die fees, wou hulle graag die tradisie van die ATKV en die jaarlikse Kerskonserte behou, maar het dit alles ‘n nuwe kinkel gegee. “Ons wou iets uniek doen en graag hê dat die liedjies mense se harte in die oomblik moet vasgryp,” het sy opgewonde bygevoeg.

Sonder enige spesiale effekte het die In Afrikaans konsertreeks bewys dat die Afrikaanse musiekbedryf oor briljante kunstenaars beskik.

Met 2018 in volle swang hoe jy nie die wonderlike wêreld van musiek saam met die sand aan jou skoene af te stof nie.

(The Gremlin)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *