Geseënde Feesseisoen

Ek wil graag alle inwoners en besoekers aan ons pragtige dorp ‘n vreugdevolle feesseisoen met baie liefde en geluk toewens. ‘n Hartlike welkom aan al die toeriste en besoekers aan Mosselbaai, Kwêla Dorp van die Jaar 2017.

Ons kusdorp met sy blouvlagstrande, gewilde en bekende toeriste besienswaardighede soos die Cape St Blaize-ligtoring, Die Punt, wêreldklas restaurant, ryk kulturele erfenis, museums, verblyf en winkelsentrums vir jou gerief, bied vermaak vir oud en jonk om te geniet.

Mosselbaai is sentraal geleë in die wêreldbekende Tuinroete, wat dit die ideale vakansiebestemming maak, met eindelose aktiwiteite en maklike toegang tot verskeie buurdorpe in die Eden-distrik, soos Oudtshoorn, George, Wildernis, Sedgefield, Knysna, Plettenbergbaai en vele meer.
Besoekersaan Mosselbaai kan beslis uitsien na unieke ervarings in die paradys, omring deur see, sand en berge.

Maar soos ons almal weet gaan die Wes-Kaap gebuk onder ‘n droogtekrisis en word toeriste en besoekers ook vriendelik versoek om water spaarsamig te gebruik en ons pragtige dorp skoon te hou.

Ek wens ieder en elk ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwe Jaar.
Veilig reis !

(Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Harry Levendal)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *