KOMMENTAAR INGEWAG OP VERHURING VAN DE BAKKE – SANTOSOORDE

Lede van die publiek wat kommentaar wil lewer op die Munisipaliteit se planne om die De Bakke en Santos-karavaanparke, insluitende die De Bakke-vakansiehutte, onder private bestuur te plaas deur middel van ‘n tenderproses, het tot 4 April 2014 om dit te doen, sê die Munisipaliteit in ‘n verklaring.

Die eiendomme sal in die besit van die Munisipaliteit bly, en die private bestuur van die eiendomme raak nie die toegang tot enige van die strande nie. Die restaurantgebou op die De Bakke-parkeerterrein, die De Bakke- en Santosparkeerterreine en die openbare parkeerterrein by die Pavilion Restaurant is ook uitgesluit van die beoogde transaksie.
Ingevolge die Raadsbesluit, wat op ‘n omvattende ondersoek deur onder meer stadsbeplanners gebaseer is, word dit beoog om die eiendomme, wat in totaal ongeveer 18,6 ha groot is, vir ‘n tydperk van dertig jaar te verhuur.

Die huurooreenkoms sal daaraan onderhewig wees dat die oorde tot driestergehalte opgegradeer word, dat die oorde dwarsdeur die jaar oop moet bly, en dat geen bome op die eiendom sonder die toestemming van die Munisipaliteit afgekap mag word nie. Belangstellende partye sal bewese ervaring van die bestuur van oorde moet hê, en ook bewys moet lewer van hul finansiële vermoë om die eiendomme op te gradeer.

Enige kommentaar, voorstelle of besware, met redes daarvoor, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder, Posbus 25, Mosselbaai 6500, of per e-pos aan admin@mosselbay.gov.za gestuur word teen nie later as 4 April 2014 nie. Kommentaar wat na hierdie datum ontvang word, sal moontlik nie oorweeg word nie. Die Raad sal ‘n finale besluit neem na oorweging van die publieke insette.

Navrae in die verband kan gerig word aan mnr N Prins by telefoon (044) 606-5110 of me H Potgieter by telefoon (044) 606-5164 of per faks aan (044) 606-5062, • Harry Hill

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *