Kos vir die Siel – Drome

Hoekom bly jou drome jou ontwyk?

Hoekom bereik party mense net nooit hulle drome nie?
Onthou jy jou drome?
Die skildery van Tafelberg wat jy nog wou gemaak het
·  Plekke wat jy nog wou besoek het

·  Die boek wat jy wou skryf
·   Die rugsaktoer deur Europa

Wat het geword van jou idees en jou drome?

Wat is droom werd?

Wat is ‘n idee werd?

Op sy eie is ‘n droom of idee eintlik niks werd nie.

· ‘n Gholfstok op sy eie beteken niks. Maar sit die gholfstok in Ernie Els se hande en dit is ‘n ander storie.

· ‘n Mikrofoon alleen is maar net ‘n mikrofoon. Maar sit Neil Diamond agter daardie mikrofoon en duisende mense word betower.

·  Wat is sleutelbord en rekenaar nou eintlik. Maar sit Deon Meyer agter daardie rekenaar en jy kry die beste in spanningsverhale.

Daarom jou idee is nie veel werd op sy eie nie. Dit is eers wanneer dit in jou hande is en jy daadwerklik iets daarmee doen, dat jou idee en droom krag en energie kry. Dis eers wanneer jy jou idee in aksie omskep wat sukses bereik word.

Wat keer mense om voluit vir hulle idee / drome te gaan? Hier is ‘n paar faktore:

· Veilig – mense verkies hul gemaksone
·          Vrees – bang vir mislukking
·          Luiheid
·          Nie duidelike doelwitte nie
·          Breek nie die droom in kleiner doelwitte op nie
·          Gebrek aan deursettingsvermoë
·          Jy bly aanhoudend uitstel

Wat is die gevolge daarvan as jy jou drome laat gaan?
·          Minderwaardigheid  – jy sien wat ander bereik het
·          Selfverwyt – “AS EK MAAR NET”
·          Depressie – neerslagtigheid

Het die oorgang na verskillende fases iets te doen met ‘n mens se drome?

·          Oorgang van adolessensie na jong volwassenheid – hier word jy nou met ander werklikhede gekonfronteer. Studies, eerste blyplek, eerste werk, moontlike verlowing en huwelik, jou eie kinders.

· Volwassenheid na middeljare – nuwe werklikhede. Jy moet byvoorbeeld dink aan jou aftrede, jou kinders se studies, jou bevordering in die werk.

·  Middeljare na oud word – wat gebeur met jou drome wanneer jy die finale fase van jou lewe betree? Wanneer jy besef dit wat jou jeugdrome was, nooit gerealiseer het nie?

· Dan is ook LEWENSVERANDERENDE gebeure – soos ‘n motorongeluk, die dood van jou kind, ernstige siekte, jy verloor jou werk, jy wen die lotto, jy maak ‘n groot deurbraak. Dit het ‘n groot impak op jou drome en jou idees.

·  Daar kom ‘n tyd om ou drome te laat gaan en plek te maak vir nuwe drome

Hoe kan jy jou drome bereik? Watter beginsels is belangrik?

·  Jou droom moet gerugsteun word deur aksie. Sonder aksie beteken jou drome niks. Neem klein stappe en jy sal sien elke klein stap lei tot ‘n volgende stap en uiteindelik tot die verwesenliking van jou droom.

·  Kies ‘n dinamiese en positiewe houding. Moenie jou dae vul met negatiewe gedagtes nie. Wees ernegiek, wees buigsaam, wees in beheer. Doen die regte keuses vir ‘n positiewe gesindheid.

·  Twee belangrik kwaliteite: deursettingsvermoë en geduld. Sukses is nie sommer oornag nie. Dit verg van jou deursettingsvermoë en baie geduld. Mount Everest word nie in ‘n dag geklim nie. Dit neem lank (soms jare) om die voorbereiding en beplanning te doen om net die klimtog moontlik te maak en dan begin die eintlike klim eers.

Wanneer ‘n mens nou ‘n groot idee het wat jy wil doen – wat is stappe wat jy moet volg?

· Kry jouself georganiseerd. Jy moet jou planne in struktuur kry. Wanneer alles rondom jou in deurmekaar of in chaos is, raak dit moeilik om te fokus op jou drome. Sorteer jou lewe uit, sorteer jou lessenaar uit, kry die rompslomp uit jou lewe.

·  Kry samewerking / kry vir jou ‘n span. Selfs Mark Shuttleworth het ‘n span gehad. Chris Barnard wat die eerste hartoorplanting gedoen het, kon dit nie alleen doen nie. Hy het ‘n span saam met hom gehad. Neil Amstrong kon nie op die maan loop sonder  die hele NASA-span agter hom nie. Sol Kerzner het nie Sun City homself gebou nie – hy het ‘n span gehad.

·         Toon leierskap. Jy moet persoonlike leierskap vertoon. Dis jou projek, dis jou idee. Jy kan nie vir iemand anders wag nie. Jy moet opstaan en jy moet doen. Jy moet voorloop en die pas aangee. As jy jou idee wil laat maak werk, dan moet jy dit doen.

Pitkos gedagte vir die week:

Om jou drome werklikheid te maak

Moet jy ‘n droom in jou hart hê

Moet jy ‘n strategie in plek hê

Moet jy in jou hart die regte gesindheid hê

Moet in jou hande die aksie hê

Moet jy kan aanhou wanneer ander opgee

Moet jy leer om jou alles te gee

Vir motivering, op jou knieë is jy die beste gedek

Volg dan hierdie stappe, en jou sukses is in plek.
En doen jou beste – altyd! •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *