LEWENSREDDERS NIE MEER BY ALLE STRANDE

Met die somervakansie wat einde se kant toe staan, word vakansiegangers en inwoners wat steeds Mosselbaai se gewilde strande wil besoek, gewaarsku om te let op die beskikbaarheid van lewensredders op strande.

“Gister was die laaste dag wat lewensredders deur die munisipaliteit ontplooi was op sommige strande soos SAOU, Dwarsweg, Nooitgedacht, Bayview, Tweekuilen, Punt se getypoel, Boggomsbaai en Vleesbaai,” berig Mosselbaai se direkteur van gemeenskapsdienste, mev Elize Nel.

By sommige ander strande sal lewensredders steeds beskikbaar wees aangesien die onderskeie inwonersvereinigings vir ‘n ekstra paar dae tot die naweek se dienste betaal.

Lewensredders is not tot en met 7 Januarie by die volgende strande:

Glentana
Gleniqua
Outeniqua
Pienaar
Suiderkruis
Souwesia
Kleinbrak tot 12 Januarie
Koffiehuis en Punt Poort tot 14 Januarie.
Cloete se gat tot 19 Januarie
Groot Brak riviermond, De Bakke, Santos, Dias tot 21 Januarie, daarna elke naweek tot Paasnaweek.

Artikel: Nickey Le Roux, Mossel Bay Advertiser-nuusredakteur

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *