LOCAL STARS – Talent Kompetisie

The Locals Pub & Grill in Groot Brak (Langstraat Mall) beplan om in samewerking met plaaslike media / radiostasies, ‘n sang kompetisie aan te bied en die plaaslike talent te help om meer optree kanse te kry. Aangesien hierdie nog net ‘n konsep fase is, word alle insette en voorstelle oorweeg van belangstellendes.
Ons wil uit die aard van ons besighied ‘n winsgewende projek doen maar dit is ook belangrik dat dit vir die deelnemers ‘n geleentheid bied om optree kans te kry, om die rede word dit oor ‘n lang termyn beplan wat sal begin in Junie en eindig in November met ‘n gala finale konsert .
Die Locals is baie opgewonde oor die kompetisie en daar behoort baie inskrywings te wees. Een van die besigheids manne het vir ons ‘n borg van R 6 000 aangebied vir die wenners. Hieronder is die konsep beplanning vir die kompetisie:
Fase 1 : Eerste rondte
Julie – Augustus
· Inskrywings
· Eerste uitdun rondtes
· Saterdag aande – 10 sangers per Saterdag tot alle inskrywings gedoen is , dus tot helfte Agustus.
· Elkeen sing 2-3 songs en kry punte wat dan opgetel word om top 20 te bepaal. Elke sanger kry drie keer kans om te sing en punte op te bou in die eerste rondte
· In fase een tel die beoordelaars se stem 30% en toeskouers 70%
· Einde Augustus word die top 20 aangewys wat voorgaan na die volgende rondte.
Fase 2:
Aug – September
· Uitdun rondte na top 10 op dieselfde beginsel as rondte een
· Elkeen sing elke aand 2-3 songs en kry punte wat dan opgetel word om top 10 te bepaal
· Kies die top 10 einde September.
Fase 3:
Oktober
· Finale rondte na top 3
· Gala konsert met top 10 om die wenners te bepaal.
Vir meer inligting: Kontak Anton: 082 559 6186 na 17:00 •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *