MOSSELBAAI BEGRAFNISDIENSTE

 

Meer as 23 jaar lank “Gee ons om” vir Mosselbaai en sy mense.
Yolanda Dunkerley, eienares van Mosselbaai Begrafnisdienste sê baie dankie aan ons Hemelse Vader, asook aan ons getroue en lojale kliënte sedert ons bestaansjaar in 1994.
Tydens ons 20ste verjaardagviering in 2014, het ‘n groot aantal van ons duisende lojale kliënte, wat vir langer as 20 jaar ons ondersteun het, sertifikate van erkenning asook klein geskenkies ontvang. As ‘n teken van ons dankbaarheid was dit lekker om hulle hiermee te bederf en ons hoop om dit binnekort weer te kan doen!

Dit is duidelik dat niks te gróót of te klein is vir hierdie goed gevestigde besigheid nie. Slegs deur kwaliteit diens en harde werk, gee ons by Mosselbaai Begrafnisdienste aan u die kliënt, die nodige gemoedsrus, ondersteuning en versekering van ‘n wel beplande, volledige begrafnisdiens.

Bo en behalwe begrafnisse, verassings en grafstene, bied ons ook ‘n sakpas begrafnispolis vir so min as R 80 per maand per gesin (twee volwassenes en ses kinders tot die ouderdom van 24 jaar wat totaal afhanklik is van hulle ouers). Ons het ook addissionele voordele soos: Kos, vervoer en kontant uitkeer.
Met takke in Mosselbaai Sentraal, D’Almeida en kwaNonqaba, kan Yolanda met haar vriendelike en professionele span u daadwerklik van uitstekende diens voorsien. Onthou, “Ons Gee Om.”
Tel: 044 690 3314.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *