Mosselbaai Kers Kunsmark

Die 9de Mosselbaai Kers-kunsmark vind hierdie jaar plaas van 17-19 Desember in die Mosselbaai-suid NG Kerksaal, h/v 15de en 17de Laan Mosselbaai.
Die mark is elke dag oop van 08:00-18:00.

Die gewilde mark is soos elke jaar ‘n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte o.a. draad en herwinnings-produkte, gebak en lekkers, hout-, naald-, krale- en leerwerk, keramiek,mosaïek, kinderspeelgoed en klere, juwele, snuisterye en vele meer.
Die Kenani Dienssentrum verkoop heerlike eet- en drinkgoed ter stawing van hul
fondse.

Heerlike musiek gaan almal in die regte Vakansie-stemming kry !

Op Woensdag, 18 Desember is daar ‘n POTJIEKOS-KOMPETISIE met lekker pryse om te wen.
LEKKERSTE POT – LEKKERSTE PRYS !

Gesinne/families/besighede en elkeen wat lus het vir Potmaak – Kom skryf in !
Na die beoordeling kan julle lekker spog en dit ook verkoop.

Hierdie is ‘n heerlike plattelandse Vakansie-ervaring by die see  !

So bring die familie en vriende en geniet dit saam ; terwyl u Kers-inkopies doen.

Vir verdere inligting/stalletjiebesprekings kontak : Cecile by 082 2243 865 •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *