MOSSELBAAI KRY NOG ‘N VROULIKE BURGEMEESTER

2104jeugraadaug14

Die Uitvoerende Bestuur van Mosselbaai se Jeugraad vir 2014/2015. Van links na regs verskyn Darcia Bencsh (Curro); Chané Terblanche (Hoërskool Punt); Carmia James (Hillcrest);  Jade James (Sao Bras); Ashley Moos (Sao Bras); Cuan Terblanche (Sao Bras) en Danica Barnard (Curro).

Mosselbaai het nog ‘n vroulike Burgemeester gekry toe Carmia James van Hillcrest Sekondêre Skool verlede week tot die Junior Burgemeester van Mosselbaai verkies is. Saam met haar is nog vier jong dames tot die Uitvoerende Bestuur van die Mosselbaaise Jeugraad verkies.

Die verkiesing van die Junior Jeugraad vir 2014/2015 het op Vrydag, 8 Augustus 2104, onder die wakende oog van mnr Chris Balie, uitreikingskoördineerder van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Kaapstad, plaasgevind.

Die Junior Jeugraad is verkies uit die verteenwoordigers van die vier hoërskole in die Mosselbaaise munisipale gebied. Elke skool kon vier verteenwoordigers, wat almal stemgeregtig was, na die verkiesing stuur. Die onderwysers van die Hoërskool Punt, Curro en Groot Brakrivier, wat teenwoordig was, het as waarnemers van die verkiesingsproses opgetree.

Benewens Carmia, is die ander lede van die Uitvoerende Bestuur Chané Terblanche (Junior Onderburgemeester, Hoërskool Punt), Jade James (Junior Speaker, Sao Bras Sekondêre Skool), Ashley Moos (Junior Munisipale Bestuurder, Sao Bras Sekondêre Skool), Cuan Terblanche (Junior Uitvoerende Lid vir Sport), Sao Bras Sekondêre Skool), Darcia Bensch
(Junior Uitvoerende lid vir Jeugsake, Curro Mosselbaai) en Danica Barnard (Junior Uitvoerende Lid vir Gemeenskapsdienste, Curro Mosselbaai).

Hierdie jong mense sal saam met die amptenary aandag gee aan die prioritisering van jeugontwikkeling gedurig deur geprioritiseer word. •

2 thoughts on “MOSSELBAAI KRY NOG ‘N VROULIKE BURGEMEESTER

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *