NOG ‘N BIBLIOTEEK BIED INTERNET- TOEGANG

Die D’Almeida-biblioteek het pas die derde munisipale biblioteek geword om gratis internettoegang aan die publiek te bied, en hulle ook in staat te stel om uitdrukke daar te maak.
Die diens is moontlik gemaak danksy ‘n skenking van vyf rekenaars deur die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Soortgelyke dienste word reeds by die Greenhaven- en Friemersheimbiblioteke gebied, en dit word beplan om die diens mettertyd na al die Mosselbaaise munisipale biblioteke uit te brei.
Hoewel die toegang tot die internet gratis is, sal verbruikers R1 per kopie moet betaal as hulle uitdrukke wil laat doen.
Navrae oor die diens by die D’Almeida-biblioteek kan aan Leilani Mondo by telefoon (044) 606-5258 gebied word. •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *