Oefen die winter

Koue weer is nie ‘n verskoning om op te hou oefen nie.

Wenke van hoe jy aan die wikkel kan bly die winter.

Binnehuise pret:
Daar is heelwat binne-sportsoorte bv handbal, tennis, muurbal, swem en pluimbal om maar ‘n paar te noem.

Stap:
Oor die algemeen is ons wintersdae nie sleg, en kan jy nog die winterson geniet as jy voor sononder gaan stap. Klim trappe, of parkeer ver van waar jy wil wees om bietjie oefening te kry.

Vroeg opstaan:
Hoewel nog koud en donker vroegoggend, is die voordeel van vroeg oefen, dat jy nie laatmiddag moeg en ongemotiveerd sal wees nie.

Oefen tuis:
As jy nie van stap hou of gimnasium toe wil gaan nie, oefen dan tuis waar dit warm is.
Jy kan oefenfiets ry, pilates of joga oefeninge doen, trampolien- of touspring of selfs hoela-hoep.

Gimnasium:
Sluit aan by ‘n fiksheidsklas. As ‘n reël motiveer die mense in die klas mekaar om deur te druk en nie sommer tou op te gee nie.•

B Beautiful

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *