Onder die Vergroot glas

magnifying-glass

GROOT-BRAKRIVIER

Die motors spoed op die N2 verby na Kaapstad. Sommige merk die bordjie “GROOT-BRAKRIVIER” moontlik terloops op. Ander weet dalk van die “Dansplek by Die Dekke” wat vakansietye oorstroom word deur jongmense. Soms kry jy mense wat deur die strate dwaal om die winkeltjies te besoek en meestal is die kommentaar “Die klein plekkies se winkeltjies is so interessant”

En tog ….. hier lê die grootste onontginde juweel in die Suid-Kaap en wag om ontdek te word!

Wie sou kon raai dat hierdie ‘n skatkis van talent is? Wie het al ooit getel hoeveel erkende kunstenaars in hierdie “dorpie” woon. En dan praat ons nie net van kunstenaars wat verf en palet gebruik nie. Stemkunstenaars, lapkunstenaars, woordkunstenaars, musiekkunstenaars, beeldhouers, musikante, akteurs, ontwerpers nasionaal en internasionaal, te veel om op te noem. Jy kan net dink waaroor jy wil, jy sal dit in Groot-Brak kry.

In die volgende paar weke gaan ons hierdie juweel van die Suid-Kaap aan julle bekend stel. Van die wonderlike staproetes, fietsryroetes, besondere eetplekke, besondere mense, aktiwiteite ensovoorts. As ons met Groot-Brak klaar is, sal almal wat hier verby ry weet dis nie net ‘n “ou aftreeplekkie met klomp bejaardes” nie. Niemand sal weer by Groot-Brak verby ry sonder om in te draai en te kom kyk wat hier aangaan nie. Nie uit nuuskierigheid nie, o nee, omdat niemand dit wil mis nie.

WATCH THIS SPACE!!!!!!!!!!
Loeloe•

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *