ORKESTE SLUIT JEUGMAAND AF

Die Jeugmaandvieringe van die Mosselbaaise Munisipaliteit is op Sondag, 29 Junie 2014, afgesluit met ‘n kerkdiens in Groot Brakrivier waartydens verskillende Mosselbaaise blaasorkeste opgetree het.
Die kerkdiens is deur die Munisipaliteit en die orkeste geïnisieer. Die orkeste wat ook aan optogte die oggend en die middag deelgeneem het, was die VGK Boys Brigade, Star of Bethlehem, UCC Boys Brigade en die Aldiachique Orkes.
Die diens is in die United Congregational-kerk te Groot Brakrivier gehou, en altesame 130 orkeslede het aan die diens en die optogte deelgeneem.
Die orkeste speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van jeugdiges, en is een van die maniere wat gebruik word om jeugdiges uit die straat te hou en by aktiwiteite betrokke te kry. Ouers en kinders wat wil deelneem aan die orkeste word aangemoedig om met die plaaslike kerke en orkesleiers kontak te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *