Geseënde Feesseisoen

Ek wil graag alle inwoners en besoekers aan ons pragtige dorp ‘n vreugdevolle feesseisoen met baie liefde en geluk toewens. ‘n Hartlike welkom aan al die toeriste en besoekers aan Mosselbaai, Kwêla Dorp van die Jaar 2017.

Ons kusdorp met sy blouvlagstrande, gewilde en bekende toeriste besienswaardighede soos die Cape St Blaize-ligtoring, Die Punt, wêreldklas restaurant, ryk kulturele erfenis, museums, verblyf en winkelsentrums vir jou gerief, bied vermaak vir oud en jonk om te geniet.

Mosselbaai is sentraal geleë in die wêreldbekende Tuinroete, wat dit die ideale vakansiebestemming maak, met eindelose aktiwiteite en maklike toegang tot verskeie buurdorpe in die Eden-distrik, soos Oudtshoorn, George, Wildernis, Sedgefield, Knysna, Plettenbergbaai en vele meer.
Besoekersaan Mosselbaai kan beslis uitsien na unieke ervarings in die paradys, omring deur see, sand en berge.

Maar soos ons almal weet gaan die Wes-Kaap gebuk onder ‘n droogtekrisis en word toeriste en besoekers ook vriendelik versoek om water spaarsamig te gebruik en ons pragtige dorp skoon te hou.

Ek wens ieder en elk ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwe Jaar.
Veilig reis !

(Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Harry Levendal)

Hartenbos Bejaardesorgdiens

 

“Hartenbos Bejaardesorgdiens wil hiermee sy dank uitspreek teenoor Mosselbaai Golflandgoed se huiseienaars vereniging wat op 3 Desember 2017 ‘n Golfdag as fondsinsameling vir ons gereël het.

‘n Spesiale dank aan mnr. Martin Smith wat die organiseerder van hierdie golfdag was.

Daar is pragtige bedrag van R75 300.00 ten bate van Hartenbos Bejaardesorgdiens ingesamel.

Die 79 borge en donateurs wat bygedra het om eerstens die Golfdag ‘n groot sukses te maak, maar ook Hartenbos Bejaardesorgdiens finansieël te ondersteun word ook bedank.”

 

THE WAY FORWARD IN DANA BAY

The new committee met on 4 December 2017 and the way forward for Dana Bay was discussed.

Mr Tertius Teichert has accepted the invitation to be chairman of the Danabay Residents Committee, Russel Hendry is vice chairman, Zachie Steyn Treasurer and committee members are Hans Viljoen, Twana Roets and Gaby Drews.

First priority is to set up the finances . Zachie Steyn has agreed to set up a new set of financial statements, starting with the previous bank balance as well as an asset register.

In order for Dana Bay to be fully representative on other committees, for example with the Municipality and the Ward committee , it is important to be representative with a respectable number of paid up residents in Dana Bay and we therefore invite all residents to please pay their R50.00 per household membership contribution and attend meetings.

Reciprocal representation between Dana Bay and the Ward Committees is very important in order to know what is happening in every way in and around Dana Bay.

Everyone is welcome to become a member, whether you are a property owner, tenant or a business owner in Dana Bay. Anyone with an interest in Dana Bay is invited to become a member. Membership moneys can be paid in at the Japie Krige Property office, cnr of Flora and Malva road. Strict control is kept over membership money and all moneys are accounted for.

It was agreed that the Chairman has no signing power over expenses, only the Vice Chairman in conjunction with one other committee member. The chairman will only keep an oversight over the committee. In the long term, sub-committees will be set up, e.g. conservation and security.

In order to move forward and Dana Bay to be a well – managed conservation area, continuation of members from the old committee is important and members are welcome to give input and work with the new committee on various issues. If you would like to be involved, please contact Twana at the Japie Krige office.

General information and safety tips for the holiday season: As a reminder:

The Mossel Bay Municipal Authority prohibits the discharge of any fireworks, except where permission was granted by means of an application with the Municipality.

Alcohol is prohibited on all the beach areas (including parking areas) .Never consume alcohol before swimming, diving or boating.

Please adhere to the speed limit of 40kmph in Dana Bay.

PLEASE KEEP OUR CHILDREN AND ANIMALS SAFE on the roads, including the big and small wild animals – they also have a right to live in Dana Bay.

NO SWIMMING is recommended at Dana Bay: Beachgoers are advised not to swim at any of the Dana Bay beaches due to dangerous currents and sea conditions. There are no lifesavers on duty at any time.

Dogs on beaches: During the period from 1 December – 31 January, dog-owners may walk their dogs on the beach, on leashes between first and second beach only. Please note dogs must be under strict control of the owner. Dog owners must be responsible for removing their dog’s faeces from beaches and grass areas, paths, car parks and any other areas used by pedestrians. No birds or wild life may be chased.

Next meetings to take place:
Committee meeting on 15 January at 17.00
Residents meeting (all welcome) on 15 February 2018 at 18.30.

HARTENBOS HOU KONSERT

Meer as twintig van ons voorste kunstenaars soos Robbie Wessels, Jay en Lianie May, Leah, Jo Black en Theuns Jordaan gaan optree. En almal word genooi om saam te kom kuier!

Dié konsertreeks – op 20, 24, 26, 27 en 30 Desember en 4 Januarie in die nuwe jaar, gaan iets bied vir elke smaak. Of jy nou wil sokkie en dans of eerder akoestiese klanke verkies, met ‘n noukeurig saamgestelde program is daar iets vir ‘n ieder en elk.

“Ons glo musiek is kos vir die siel en met die betrokke kunstenaars se gesamentlike dinamika op die verhoog, gaan daar meer as een magiese oomblik wees om gehore vas te gryp in die oomblik,” het Jacomien de Villiers, besturende direkteur van Inhoud Huis Musiek en In Afrikaans, gesê. “Elke vertoning is spesiaal vervaardig om aanhangers se siel te voed.”
Op Sondag 24 Desember kan jy Oukersaand by kerslig – onder die sterre – saam met Robbie Wessels, Jo Black, Leah en Douvoordag vier. Kersliedere en ‘n orkes sal jou na ‘n gewyde stemming vir Kersfees verplaas. Alle skenkings wat tydens dié aand ingesamel word, is ten bate van Hartenbos Bejaardesorg.

‘n Buitelug-fliekpiekniek met dieselfde atmosfeer as die eertydse inry sal jou ‘n stukkie nostalgie laat beleef! Susters, die nuwe Afrikaanse fliek, wys vir die eerste keer by die In Afrikaans konsertreeks aangesien dit eers in Maart 2018 in rolprentteaters landwyd vrygestel word. Leah, Diaan Lawrenson en Quanita Adams vertolk die rolle van drie aangenome susters wat weer herenig word na hul ma se afsterwe. Die temalied, “Nooit Alleen,” deur Jo Black en Leah sal ook op dié aand deur hulle gesing word. Bespreek nou jou kaartjie vir ‘n heerlike springmielie-aand op 26 Desember.

Op 27 Desember word Mnr. en Mej. Hartenbos gekroon en vanjaar se Mej. Hartenbos sal ook outomaties deel van die Top 40 in die Sarie Voorbladgesig-kompetisie wees. Karlien van Jaarsveld, Brendan Peyper, Leah, Jan Bloukaas en Georic Lomas is deel van die aand se verrigtinge.

Op 30 Desember kan jy solank begin regmaak vir die nuwe jaar en in beter geselskap as saam met Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Bok van Blerk, Jo Black, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue en Fatman – om maar net ‘n paar name te noem – kan jy nie wees nie.

Die konsertreeks vind plaas op 20, 24, 26, 27 en 30 Desember, asook op 4 Januarie 2018 by ATKV-Hartenbos se amfiteater. As jy dus in die omgewing is, koop nou al jou kaartjies by www.itickets.co.za. Bring jou kampstoel en kombers en kom kuier lekker saam met jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars. Daar sal ook kosstalletjies en ‘n kroegtent wees, asook CD’s en ander goedere wat verkoop sal word.

Kaartjies beskikbaar by
www.itickets.co.za of 086 1000 291
(The Gremlin)