PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK – Didi Diedrichs

U huidige beroep?
Eienaar/bestuurder Mossel Bay Backpackers

Wat motiveer jou?
Die lewe self motiveer my.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Mense en hulle dinge

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het?
Om sonder my lipstiffie te gaan inkopies doen.

Watter “nuttelose” talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek hou nie daarvan om my kosbare tyd te mors deur te was en stryk.

As jy en persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Ontvangs sal ek met graagte doen,… die interaksie met mense

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog?
Het op n shopping spree gegaan sonder enige geld in my beursie

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Oeee!! Ek kan doen met n miljoen om behoeftiges happy te hou

Ek verlaat nooit my huis sonder ……
My lipstiffie

Jou gunsteling restaurant en gereg?
Route 57, geniet n heerlike steak, en rond die aand af met Sago poeding.

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sal jy wees?
Om my huidige gesonde lewe te verleng tot en met 105 jr

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
Ek is n passievolle mens met baie engergie, ….mal oor uitdagings,…..jaloers op die tyd!!! Wat te vinnig verby gaan..

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van Mosselbaai?
Ons het n pragtige dorp, wees trots op Mosselbaai.

Kontakbesonderhede:
Tel. nr: 0797135324.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *