PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK – Maxie Barnard

Foto

U huidige beroep?
Hoof voorwinkel dame van Hartenbos Apteek
(vir die afgelope 36 jaar)

Wat motiveer jou ?
Om werk toe te gaan en elke dag lag-lag met mense te kan werk.

Noem een ding wat altyd jou belangstelling prikkel.
Mense en hul dinge.

Wat is die domste ding wat jy nog gedoen het ?
Ek het vir kuiergaste van die Kaap fudge gemaak, my dogter het my ingelig dat daar iets nie pluis proe nie- ondersoek is ingestel en ons het vasgestel dat ek bisto in gegooi het in die plek van kakao !

Watter nuttelose talent het jy waarvan niemand weet nie?
Ek maak die lekkerste vlaskywe in Mosselbaai ( volgens die jong span).
As jy een persoon se werk vir ‘n week kon oorneem, wie s’n sou dit wees en hoekom?
Woutrine Theron die aktrise in die rol nommer asb, dan kon ek sommer met almal in die dorp elke dag gesels.

Wat was jou mees verleë (embarrassing) oomblik/ondervinding/geleentheid nog ?
Ek was haastig uit die huis uit , en het eers by die werk besef ek het nooit my pantoffels uitgetrek nie.

As jy ‘n miljoen rand sou wen, hoe sal jy dit spandeer?
Ek wil dit regtig nie hê nie asb!!

Ek verlaat nooit my huis sonder ……..
Om my deure te sluit nie…

As jy een wens van ‘n “genie” kon kry, waarvoor sou jy wens ?
Om altyd gelukkig te wees, as jy gelukkig is besit jy die hele wêreld…baie meer waardevol as daardie miljoen rand . . .

Deel ‘n paar interessante feite omtrent jouself.
• Ek het elke liewe dag kuier mense.
•Ek parkeer elke dag op dieselfde parkering.
• Ek is 81 jaar oud en werk nog elke dag (soms selfs harder as van die Jong klomp).
• Ek het as kind uitgeblink in atletiek en in hokkie. Seker maar omdat ek as kind skool toe moes stap vanaf die Maalgate waar ons gewoon het tot by Outeniqua.

Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap van mosselbaai?
Dink elke dag net positief, alles in die lewe werk uit soos dit moet.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *