Proe | Cannelloni

60 ml olie
1 blik gekapte tamaties (400g)
250 g maalvleis
1 ui (gekap)
1-2 knoffelhuisies, (gekneus)
150 g gekapte spinasie, of 1 pak bevrore
spinasie, goed gedreineer
30 ml varsgekapte basiliekruid
sout en peper na smaak
150 g gekopte cannelloni-buisies

Kaassous:
60 g margarien
60 ml meel
625 ml melk
125 ml gerasperde parmesaan- of cheddarkaas
sout en peper na smaak

Metode:
1. Stel die oond op 180°C.
2. Verhit helfte van die olie. Voeg die tamaties by en laat prut vir 5 minute.
3. Verhit die res van die olie in ‘n ander kastrol en braai die vleis tot bruin.
4. Voeg die ui en knoffel by en braai liggies saam.
5. Voeg die spinasie, kruie en geurmiddels by en laat prut vir ‘n paar minute.

Kaassous:
1. Smelt die margrien in ‘n kastrol.
2.Voeg die meel by en roer saam.
3. Voeg die melk by en roer aanhoudend tot verdik.
4. Verwyder van die hitte en voeg kaas by. Geur.
5. Skep die tamatiemengsel op die basis van ‘n middelslag- oondvaste bak.
6. Skep omtrent 30 ml van die vleismengsel in elke cannelloni buisie.
7. Plaas die cannelloni op die tamatiemengsel en giet die kaassous oor.
8. Strooi ekstra grasperde kaas oor.
9. Bak vir omtrent 35 minute in ‘n voorverhitte oond.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *