PROE – Gebakte ricotta met donker sjokolade en aarbeisous

Genoeg vir 4-6

Bestandele
500 g ricottakaas
2 eiers, liggies geklop
100 g donkersjokolade (minstens 70% kakao), in stukke gekap
50 g gevlokte amandels, liggies gerooster
gerasperde skil van 1 lemoen
sap van 1 lemoen
15 ml (1 e) strooisuiker
250 g aarbeie
’n hand vol bessies, vir opdiening
’n hand vol kruisement, vir opdiening

Resep
1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
2. Voer ’n 17 cm x 8 cm-pannetjie met bakpapier uit.
3.Meng die ricotta, eiers, sjokolade, amandels, lemoenskil, die helfte van die lemoensap en strooisuiker en skep in die broodpan.
4. Bak vir 30 -40 min. tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word skoon uitkom.
5. Laat afkoel.
6. Sny die helfte van die aarbeie in stukkies en sit in ’n bak. Gooi die res van die lemoensap oor en marineer vir 20 min.
7.Verwerk die res van die aarbeie in ’n voedselverwerker tot glad. Hou die sous eenkant.
8. Sit die kaas in skywe voor met die aarbeisous, vars kruisement en bessies.
Source: Rooirose

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *