Proe – Swartpeper & Bessie Pizza

Genoeg vir 4
Brooddeeg
500 g (875 ml) koekmeel
5 ml (1 t) sout
10 g (1 sakkie) kitsgis
30 ml (2 e) grof gemaalde swartpeper
375 ml (1½ k) louwarm water
60 ml (4 e) olyfolie om bo-oor te sprinkel
15 ml (3 t) seesout om bo-oor te strooi

Bolaag
250 ml (1 houer) crème fraîche (of suurroom)
400 g (sowat 3 hande vol) bessies soos frambose, swartbessies, moerbeie en bloubessies
’n hand vol kruieblaartjies en babablaartjies soos roket- en slaaiblare
30 ml (2 e) olyfolie vir bo-oor
ekstra grof gemaalde swartpeper vir bo-oor
BROODDEEG:
1. Meng die koekmeel, sout, gis en swartpeper. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot die deeg bymekaarkom. Knie vir sowat 10 min. en laat rys vir 30 min. op ’n warm plek. Knie af, vorm 4 balletjies en bedek met ’n klam lap.
2. Verhit die oond tot 200 °C. Maak ’n groot bakplaat in die oond warm.
3. Rol die deeg dun uit op ’n skoon werkvlak wat liggies met meel bestrooi is. Ons het langwerpige pizzas gemaak, maar jy kan rondes uitrol.
4. Sit die uitgerolde pizza op die warm bakplaat en sprinkel olyfolie en sout oor.
5.Bak vir 10-15 min. tot goudbruin en haal uit. Herhaal met die res van die deeg.
6.    Skep groot lepels vol van die crème fraîche hier en daar op die pizza. Strooi die bessies en die blaartjies tussenin.
7.    Sprinkel nog ’n bietjie olyfolie en swartpeper oor en smul.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *