PROE – Swartpeperfilet met sjokolade- en-rooiwyn-sous

genoeg vir 6

1 groot (1,5 kg) beesfilet
sout
125 ml (½ k) fyn gemaalde swartpeper, of meer, afhangende van die grootte van die filet
15 ml (1 e) olyfolie
250 ml (1 k) rooiwyn
1 x 100 g-plak sjokolade, ruweg gebreek

Voorverhit die oond tot 200 ºC.
1. Geur die filet met sout. Strooi die swartpeper op ’n groot stuk foelie en rol die vleis in die swartpeper tot dit oral met peper bedek is.

2. Verhit die olyfolie tot baie warm in ’n groot pan en braai die filet vir 5-7 min. daarin tot goed bruin. Haal uit. Verlaag die hitte en voeg die rooiwyn by. Roer tot al die neerslag van die boom losgekom het. Voeg die gekapte sjokolade by en roer tot gesmelt en die sous effens begin verdik. Hou eenkant.

3. Sit die filet intussen in die oond: 8-9 min. per 2,5 cm dik vir rou, 9-10 min. per 2,5 cm dik vir medium en 10-12 min. per 2,5 cm dik vir gaar.

4. Haal uit en laat vir ±5 min. rus. Sny die filet in dun skywe en sit voor met die sjokoladesous.
Source: Rooirose

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *