PROE – Wilds Bobotie

Bobotie-blog

 

*(Vir ‘n gewone bobotie, vervang die wild- en varkvleis met beesvleis)
Bestandele
3 dik snye witbrood, (sonder korsies)
125 ml room
45 ml botter
45 ml olie
1 kg gemaalde wildsvleis
1 kg gemaalde varkvleis
2 uie, fyn gekap
2 wortels, gerasper
50 ml matige kerriepoeier
12,5 ml borrie
30 ml fyn appelkooskonfyt
50 ml pitlose rosyntjies
Sout en peper na smaak
Bolaag:
125 ml room
125 ml karringmelk
4 eiers
5 lourier- of suurlemoenblare
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 grade C.
2. Week die brood in die room.
3. Verhit die helfte van die botter en olie in ‘n kastrol
en braai die vleis en uie liggies.
4. Voeg die wortel, kerrie en borrie by en roer deur.
5. Voeg dan by, die konfyt, rosyne, sout en peper na
smaak. Roer.
6. Voeg laaste die brood en room waarin geweek, by.
7. Verwyder van die hitte en skep in ‘n gesmeerde
oondbak.
8. Klits die bestanddele vir die bolaag, behalwe die
lourierblare, saam en gooi dit oor die vleismengsel.
9. Druk die lourierblare in die vleis.
10. Bak vir ongeveer 45 min. tot goudbruin.
11. Bedien met geelrys, pampoenkoekies en ‘n
groen groente.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *