TUINMAAK MET LEANI

SEPTEMBER IN DIE TUIN

WAT OM TE PLANT
Dis Heerlike Lente!
Tuin inspirasie vloei saam met bloesel-geur en sontrale by die voordeur in.

Hierdie lengte is die oorsprong ons inspirasie in wonderlike waterwyse plante wat ook meer doen as mooi lyk soos Roosmaryn, Tiemie, Pelargonium peltatum, Olyf bome, Agave geminiflora, Salvia leucantha en Laventels.

Al die plante is lief vir warm droë toestande en sal jou tuin laat straal wanneer die meer hitte sensitiewe plante ‘n bietjie verlep vertoon.

Na die pragtige blomtyd vanAronskelke (Zantedeschia aethiopica) kan hulle nou verdeel word. Her spasieer en plant verkieslik aan die suidekant van die huis in dele van die tuin wat geneig is om klam te bly.

Inheemse gunstelinge om vooruit te kyk die tyd van die jaar is onder andere die Arctotis, Diascia, Gazania’s en die Osteospermum (Kaapse daisy).
Verskeie groente en vrugte wat in die lente geplant kan word is tamaties, boontjies, beet, broccoli, wortels, seldery, komkommer, blaarslaai, ertjies, pepers, pampoen en aartappels.

Soorte kruie onder andere komkommerkruid (borage), karwy, koljander, anys, vinkel en rocket is onmisbaar in somerslaaie wat die rugby braai vergesel.
‘n Paar interessate feite oor eetbare plante:

1. Botanies gesproke is avokados en pampoene vrugte aangesien vrugte hul sade dra.

2. Perskes, pere, appelkose, arbeie en appels is almal lede van die roos familie.

3. Arbeie het gemiddeld 200 sade en is die enigste vrug wat sy sade buite dra.

4. Uie: Sulfaat komponente veroorsaak dat jou oë traan wanneer jy dit sny. Bere uie in die yskas, die lae temperatuur sal help dit jou oë nie brand nie.

5. Grondboontjies is ‘n peulgewas en is verwant aan ander boontjie soorte en lensies.

Leani kwekery is geseën met ’n Kaapse uil as nuwe intrekker. Ons voel bevoorreg en oorvloed van opgewondenheid. Ons uilhok staan nog en wink vir die nuwe familielid…hou duime vas dat ons nuwe besoeker sy intrek kry!

Die tuinlewe ontwaak na die lang en nat winter.

Kom gesels gerus met ons by die kwekery of kontak ons by 044-620 2565. Word deel van ons plante familie op Facebook! – Leani Kwekery.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *