Tuinmaak met Leani

Herfs…
In die Suidkaap beteken dit…TUIMAAK!

Ons sien uit na die seisoene wat kom. Want hier in die Kaap, is dit wanneer ons inheemse plante pronk.

Plant nou vir ‘n herfs, winter en lente blomme skouspel in jou tuin!

Van ons inheemse plante skatte is reeds in volle blom in soos die geel, oranje en rooi kleure van Tecomaria capensis (Cape honeysuckle).
Hiermee saam sien mens hoe die nektar liewende voëltjies en insekte baljaar.

Die lekkerte lê in die afwagting. Elke seisoen bring iets om na uit te sien, maar niks kom by die kouer maande se blom nie.

Winter groentes. Die lekkerste blaarjie wat jy ooit sal eet is die een wat jy uit hou eie tuin pluk. Kraakvars. Vol smaak en heilsaamheid. Mmmmmmm. Beet, brocholli, bos bone, wortels, uie kool, blomkool, verskeie slaai blare, Spinasie, ertjies om maar n paar te noem.
Maar, om die wonderlike skouspel aan te help, moet ons die grond voed. Deur ons grond gesond te maak, maak ons die plante sterk teen siektes en weer, en pronk hulle vir n vale.

Organies. Heel eerste. Organiese voeding neem vorm aan as kompos of potgrond met n toevoeging van n ekstra organise bemesting in die vorm van Bees of hoendermis produkte.
Sandgrond verbeter deur kompos by te voeg en deeglik deur te werk. Kleigrond benodig growwer kompos materiaal om die grond op te breek.

Groentes hou van humusryke grond en floreer indien jy ‘n goeie hand bounceback byvoeg.
Daar is niks lekkerder as om jou eie slaai aanmekaar te slaan en te weet, dat alles wat in daardie plantjie is wat jy nou gaan eet, het jy self totale beheer oorgehad het, en weet waarin hy gegroei het en watse voeding hy gekry het nie.
Jou lewens styl, en die spasie wat jy beskikbaar het, bepaal tot in watter mate en hoe jy jou groente kan plant.

Solank jy ‘n area beskikbaar het, wat ongeveer 6 ure son kry en indien moontlik, beskut is van die ergste seewind, dan kan jy jou eie groente groei.
Die spasie beskikbaar sal dan bepaal of jy dit in ‘n pot, ‘n venster boks, in groot groente beddings, of selfs tussen jou gewone tuinplante in die beddings wil inkorporeer.
Die volgende stap sal wees die keuse van groente wat jy wil plant.

Wat alles baie lekker maak, is dat ons by die kwekerye, groenteplantjies in verskillende groottes bakkies beskikbaar het. Die plantjies het reeds ‘n goeie wortelstelsel en dit gaan dus vir die tuinier baie tyd spaar aangesien jy soveel vinniger van die plantjies sal kan gebruik.

Dus, as jy nou bv. by die kwekery ses slaaikoppe koop en plant en dan weer oor ‘n maand ses plant, ensovoorts, sal jy lank vars slaai hê, afhangende van hoeveel jy benodig natuurlik.

Om die tuin mooi af te rond, plant gerus ‘n paar pragtige seisoenale blommetjies soos Pansies (gesiggies) vir die son, en Cineraria in die skadu.

Mulch mulch mulch !!!

Leani Kwekery/Nursery
044 620 2565

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *