van die Redaksie – 25 Oktober

Na ‘n baie spesiale en goed beplande verjaardag-naweek moes ek stil word in bewondering.
Wanneer gaan ek leer, om my kind te vertrou en haar vermoeëns nie te onderskat nie ?
Weereens besef ek hoe kinders ons lewensuitkyk kan verander of bepaal en ons lewens verryk…sien dit tog net raak !

As ons preek, raas of vermaan en die kinders rol net hul oë na die dak  en  kyk geirriteerd rond, is ons geneig om te glo hulle hoor ons nie.  Maar, soos ‘n seun eendag vir sy pa gesê het:  “Pa, al rol ons ons oë na die dak en kyk geirriteerd rond, ons ore is oop…ons hoor” .

Kinders en diere vra eintlik so min, hulle wil net liefgehê, raakgesien en erken word.  Ons is tog so geneig om kinders te onderskat,  “…jy is ‘n kind, wat weet jy?”  Kom ons gee hulle ‘n kans, vertrou hulle en gee krediet wanneer dit verdien word.

Dit gesê – die matriek- en ander eksamens is op hande en tyd vir rekenskap gee, is hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *