van die Redaksie

JULIE RETIEF

Dis amper Paasnaweek en vir die meeste van ons beteken dit, vakansie, paaseiers en “hot cross buns”.

Eintlik het Paasnaweek seker niks met paaseiers en paashase te doen nie, hoewel dit die manier is hoe Paasfees wêreldwyd deur Christene gevier word, om die dag wat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het, te herdenk.

Wat Paasfees nou nog meer spesiaal maak, is die feit dat dit ‘n langnaweek is.
Langnaweke is skaars, uiters kosbaar en dit bied die ideale wegkom geleentheid.

So vir almal wat die langpad aandurf, wees wakker, geduldig en geniet ‘n salige blaaskans.

Mag dié Paasnaweek almal se verwagtinge oortref.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *