van die Redaksie

Almal van ons wil graag erkenning hê vir werk goed gedoen. Maar die waarheid is, dikwels kry ons nie die erkenning wat ons verdien, verwag of toekom nie.

Leer om soms dinge te doen sonder om erkenning te verwag.

So dikwels help ons kollegas, familie en vriende tot sukses, deur ons raad, hulp, aanmoediging, gebed, trane afvee en deur hulle te oortuig dat hulle kan, en opgee beslis nie ‘n opsie is nie.

En dan, wat gebeur wanneer die verhoging of die erkenning kom – jou naam of die erkenning vir jou hulp en bystand … .heeltemal vergete !!!

Dit gebeur gereeld so in die lewe en in die werkplek.

Niemand weet of besef regtig wie of watter werknemer eintlik die erkenning verdien en vir die sukses verantwoordelik was nie.

Om te leef sonder erkenning verg moed en is beslis die rare eienskap van ‘n besonderse persoon.

“There is no limit to the amount of good you can do, if you don’t care who gets the credit.” (Ronald Reagan)  JULIE RETIEF

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *