Van die Redaksie

Wie van ons mammas en vrouens het nog nie gehoor: “Ek is vandag so lus vir my ma se kos, souskluitjies, frikkadelle in druiwe blare, tamatiebredie of of of…..”

Niks voer jou so vinnig terug en laat jou na jou jongdae verlang, soos die bekende reuke en smake van jou ma se kos nie.

Daar is net iets aan ‘n ma se kos. Dit hoef nie “grand” kos te wees nie, net die gewone alledaagse kos met liefde voorgesit.

So land ek na ‘n paar maande wat ek my dogter laas gesien het in Dubai.
Skaars was ons by die huis of sy vra: “Sal ma nie asseblief vir my ‘n ‘peanut’ en stroop broodjie maak, soos net ma kan maak nie?”
Wil jy glo, van alles soek sy ‘n ‘peanut’ en stroop broodjie !
Kan die versoek ook dalk ‘n bedekte skimp wees dat sy na haar ma se bord gekookte kos daar in die verte verlang?
Wat ookal, so spesiaal was dit, dat ek net daar die kosmaak vir die res van my kuier oorgeneem het. Moet sê, nie sy of Jaco het my eers probeer keer of teëgestribbel nie.

Almal is deesdae so gesondheisbewus, en dit is reg so, of dit is kitskos, ons kinders weet nie altyd van ouma se lekker bederf kos nie. Vleis, rys, aartappels, stowe boontjies en soet patats/pampoen om enkele van die lekkertes te noem.

Maar …so tussen al die gesonde kos, word daar darem ook gereeld plek gemaak vir ‘n bord lekker boerekos.
Ons mag mos maar, want…ma se kos is nie bloot net kos nie, dis ‘n voorreg en vertel ‘n storie van haar liefde vir haar gesin.

Julie Retief

082 412 3000
editor@mossview.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *