van die Redaksie: “Ouderdom”

Ouderdom is nie vir sissies !!
Jip, dit kan ek nou beaam.

Die tyd vir pille en brille het aangebreek.
Niks wat ons meer kan doen aan die hare wat gryser en die plooie en pyne wat meer word nie.
Jy kyk in die spieël en met ‘n skok weet jy hoekom almal jou Tannie!
Om dit alles te verwerk is geen grap nie.

Mense gebruik pille, rome, botox en wie weet wat nog alleas om die ouderdom vir so lank as moontlik weg te steek. Maar vir ons gewone mense is daar geen keer.
Al voel jy in jou kop ten minste 20 jaar jonger … die ou-bene wil net nie altyd saamspeel nie.

Soos ‘n dief in die nag het die jare jou bekruip.

Soos in die natuur ervaar ons ook die seisoene in ons lewe, met elke seisoen sy doel.
Hoewel nie almal beskore – nou is die tyd vir afskaal, en die lewe te geniet.
Gryp die lewe aan, wees ‘n plesier vir jou kinders, kleinkinders en almal om jou.
Maak maar vrede met jou jare en streef liefs daarna om nie ‘n oorlas vir ander te word nie.

Ek het myself belowe, ek sal nie ‘n onvergenoegde, klaerige en verbitterde ou-mens wees wat niemand vertrou en met niks tevrede is nie.

Maar wanneer ek , behoed my, eendag dalk van ‘n ander se hulp en vertroosting afhanklik is ….sal ek my belofte steeds onthou ?

Ag tog, dis genoeg om my ver terug te laat verlang na my sorgvrye kinderdae.

 

Julie Retief

editor@mossview.co.za
082 412 3000

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *